Foto Unsplash
Foto Unsplash

#PasIn: Gee vanaand jou uur vir planeet Aarde

Ellanie Smit
Namibiërs word aangespoor om vanaand van 20:30 tot 21:30 aan Aarde-uur deel te neem.

Aarde-uur is 'n internasionale beweging onder die vaandel van die Wêreld-Natuurfonds (WWF).

Vanjaar streef die beweging daarna om die Grootste Uur vir die Aarde te skep, deur sy ondersteuners regoor die wêreld te noop om hul ligte af te skakel en 'n uur vir die Aarde te gee deur 60 minute aan iets - enigiets - positief vir die planet te bestee.

“Met ons teenwoordigheid in meer as 190 lande en gebiede, kan ons die mag van die mense gebruik om 'n enkele Aarde-uur te omskep na duisende en miljoene ure van aksie en bewustheid, wat 'n domino-effek van impak skep wat verby die 60 minute voortduur,” sê die beweging op sy webwerf, earthhour.org.

“Te midde van ons toenemend verdeelde en gepolariseerde samelewings, word die Grootste Uur vir die Aarde 'n kosbare oomblik van eenheid, wat die wêreld herinner dat ons een gemeenskaplike tuis nodig het en dat ons almal 'n rol kan - en moet - speel om dit te beskerm.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!