#PasIn: Groen geld beskikbaar

Meer as N$200 000 is beskikbaar gestel aan sewe ondernemings wat finansiering deur die Groenklimaatfonds (GCF) probeer bekom.

Dit volgens in aankondiging vanaf die omgewingsbelegging fonds van Namibië (EIF). Die EIF neem die voortou met toegang tot finansiering vanaf die Verenigde Nasies se GCF en het al vir Bank Windhoek, AgriBank, die Ontwikkelingsbank van Namibië en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme as nasionale nominerende owerheid benoem om plaaslik die geld te versprei.

Struikelblokke soos tegniese kapasiteit belemmer egter die vermoë om aan alle GCF vereistes te voldoen, aldus die EIF. ’n Projekspan is saamgestel en ’n slypskool is einde Maart in Windhoek gehou. Met die befondsing moet die betrokke ondernemings hul konsep voltooi en aansoeke indien om verdere gebruik van die GCF geld aan te moedig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!