#PasIn: KAZA TFCA dokkie wen silwer
’n Kort dokumentêre rolprent oor die Kavango Zambezi (KAZA) Oorgrensbewaringsgebied (TFCA) het Vrydag ’n silwertoekenning onder die kategorie wildlewe en bewaring gewen by die 2023 Internasionale Toerisme Filmfees Afrika wat in Kaapstad gehou is. Ondersteun deur die Duitse Federale Ministerie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling deur die GIZ Klimaatseerkragtigheid en Natuurlike Hulpbronbestuur-projek, vertel die film die verhaal van die KAZA TFCA – die wêreld se grootste oorgrensbewaringsgebied wat gestig is na die ondertekening van die KAZA-verdrag van 2011 deur die regerings van Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie