PasIn: Kyk môreaand na maansverduistering
‘n Halfskaduweeverduistering van die maan sal môre (Vrydag 5 Mei) vanaf 18:15 in Namibië gesien kan word.
Die verduistering begin reeds om 17:14, vóór die maan nog sy kop oor Namibië se horison steek. Die halfskaduweeverduistering bereik sy maksimum punt teen 19:22, voor dit teen 21:31 tot ‘n einde sal kom.
Space.com verduidelik tydens ‘n halfskaduweeverduistering, beweeg geen deel van die maan deur die donker binneskaduwee van die aarde nie, wat beteken daar sal nie ‘n duidelike buitelyn van die aarde se skaduwee op die maan gesien kan word nie.
In die geval van ‘n halfskaduweeverduistering, mag die maan se lig ietwat verdof. Space.com verduidelik vanaf die maan sal dit lyk asof die aarde die son gedeeltelik verduister.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie