#PasIn: Nóg twee jagluiperdwelpies vrek in Indië
Nóg twee jagluiperdwelpies van Namibiese afkoms het in die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh in Indië gevrek, luidens die koerant, The Hindu.
Dit bring die totale aantal welpievrektes op drie te staan. Die eerste een is Dinsdag dood. Die laaste oorblywende welpie, Jwala, is ondergewig en is onder waarneming, het The Hindu berig.
Genader om kommentaar, het omgewingsminister Pohamba Shifeta aan Namibian Sun gesê dat hy nie bewus is van die jongste vrektes nie. Hy sal wag op 'n verslag oor die saak voordat hy reageer.
Drie volwasse jagluiperde het gesterf sedert 20 van die diere onderskeidelik uit Namibië en Suid-Afrika na die park verplaas is as deel van 'n eksperiment om 'n gemeenskap van jagluiperde te vestig. Die jagluiperd is die enigste groot kat in Indië wat uitgesterf is.
Volgens The Hindu het die uiterste hitte en die gebrek aan voldoende voeding waarskynlik bygedra tot die vrektes, het deskundiges gesê wat by die projek betrokke is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie