#PasIn: Zambezi nou op sy diepste
Die Zambezirivier se vlakke het die afgelope week sy hoogste punt vir die seisoen bereik.
Volgens die hidrologiese dienste van Namibië se jongste vloedbulletin styg die rivier se vlakke steeds stelselmatig en het dit Donderdagoggend sowat 5,38 m diep by Katima Mulilo gevloei. Sowat 3 454 m3 vloei elke sekonde verby enige gegewe punt in die rivier.
Daarteenoor daal die vlakke van die Okavangorivier stelselmatig en het dit Donderdagoggend sowat 5,39 m diep verby Rundu gevloei.
Die laer dele van die Oranjerivier het sowat 0,63 m diep by Blouputs gevloei, terwyl die Kunenerivier by Ruacana teen sowat 272,6m3 per sekonde verbygevloei het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie