Perde opgesaal vir renosterbewaring
Nuwe teenstropingseenheid gestig
Die ministerie het altesaam 13 perde teen N$10 000 elk gekoop, met finansieringshulp van die Wildprodukte-trustfonds.
Ellanie Smit - Vanjaar is 39 renosters tot dusver in Namibië gestroop, vergeleke met 92 in 2022 en 50 in 2021.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het hierdie syfers gedeel by die herdenking van Wêreldrenosterdag Vrydag by Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park.
By die geleentheid het die minister ook amptelik ’n perde-teenstropingseenheid van stapel gestuur.
Die ministerie het altesaam 13 perde teen N$10 000 elk gekoop, met finansieringshulp van die Wildprodukte-trustfonds.
VINNIGER
Agt perde sal in die Etosha Nasionale Park gestasioneer word en vyf in die Waterberg Platopark.
Shifeta het gesê perdepatrollies sal hulle help om oor groter afstande te patrolleer, hulle die vermoë gee om meer toerusting te dra as patrollies wat te voet gedoen word, en uitstekende mobiliteit en opsporingsvermoë bied in vergelyking met voertuie.
“Veldwagters op perde kan vinniger beweeg as diegene wat te voet patrolleer, maar terselfdertyd stiller beweeg as voertuigpatrollies en ’n uitstekende uitkykpunt vanaf die perd se rug hê.”
Hy het gesê met perde sal hul reaksietyd baie korter wees as met voetpatrollies, en hulle sal ’n intimiderende teenwoordigheid vir voornemende misdadigers wees.
“Oor die jare het ons waargeneem hoe misdadigers die Etosha Nasionale Park te perd binnekom, en die skuldiges het daarin geslaag om arrestasie te ontduik weens hul voortreflike spoed en beweeglikheid oor harde terrein.”
STERKER
Shifeta het gesê patrolliespanne op perde sal op gelyke voet wees met misdadigers wat op dieselfde wyse beweeg en sodoende die potensiaal vir suksesvolle inhegtenisnemings verhoog.
Hy het gesê die ontplooiing van ’n kombinasie van die perde-eenheid, honde-eenheid, lugvleuel (helikopter), lugpatrollies, voetpatrollies, kringtelevisie, intelligensie-insameling en hommeltuie sal Namibië help om die beskerming van renosters teen onwettige aktiwiteite te verbeter.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie