Pikkewyngetalle stabiel in Namibië
Tussen 5 000 en 6 000 broeipare op eilande
Die getalle van Afrika-pikkewyne in Suid-Afrika neem teen 'n kommerwekkende tempo af, volgens 'n plaaslike kenner.
Die Afrika-pikkewyn wat slegs in Suid-Afrika en Namibië voorkom se getalle is stabiel in Namibië.
Op die Suid-Afrikaanse TV-program Prontuit is berig dat die Afrika-pikkewyn binne ‘n dekade uitgewis kan word. Daar is ook berig dat daar in die 1900’s oor ’n miljoen broeipare was en vandag slegs sowat 13 000.
Volgens dr. Jessica Kemper, ’n Namibiese pikkewynkenner, neem die pikkewynbevolking in Suid-Afrika teen ’n kommerwekkende tempo vinnig af. In Namibië was dit ook die geval, maar het die bevolking in die laaste tien jaar gestabiliseer.
“Ons het vier eilande by Lüderitz waarop sowat 95% van al die Afrika-pikkewyne wat in Namibië voorkom, verdeel is. Die ander 5% is op ’n paar ander eilande. Op drie van dié eilande Mercury, Halifax en Possession is daar baie meer as 1 000 pikkewyne en die bevolking op die eiland is relatief stabiel. Alhoewel dit baie kleiner is as wat dit 100 jaar gelede was.”
Op Halifax-eiland het die getalle oor die laaste paar jaar toegeneem.
“Ek het sowat 22 jaar gelede daar begin om die pikkewyne te tel en toe was daar so 400 broeipare. In 2017 het ek 1 500 broeipare getel. Die getal het in 2018-’19 ná die uitbreek van die voëlgriepvirus weer afgeneem.
“Ek het ongelukkig nie nou die nuutste getalle nie, maar in Namibië is daar tussen 5 000 en 6 000 broeipare. Dit beteken daar is tussen 25 000 en 30 000 pikkewyne wat ouer as een jaar is. Hulle het nie meer grys vere nie, maar nou die kenmerkende swart en wit. Die bogenoemde getalle sluit ook die pikkewyne in wat nog te jonk is om te broei. Pikkewyne broei eers wanneer hulle tussen vier en vyf jaar oud is,” het sy gesê.
Volgens Kemper het die pikkewynbevolking op die Ichaboe-eiland in die laaste twee jaar ineengestort en alhoewel daar nog meer as 1 000 pikkewyne op die eiland woon, is dit twyfelagtig op dié bevolking sal oorleef.
“Die probleem is wanneer daar min kolonies is – al is die getal pikkewyne op die kolonies relatief hoog – vat dit net een katastrofiese gebeurtenis soos die uitbreek van voëlgriep of ’n oliestorting om ’n groot deel van die bevolking uit te wis.
“As die pikkewynbevolkings oor baie kolonies versprei is, dan is die moontlikheid dat een katastrofe die spesie kan uitwis natuurlik baie kleiner.
“Dit geld natuurlik nie net vir pikkewyne nie, maar vir talle ander dier- en plantspesies ook. Soos die malgas wat net op ses eilande broei waarvan drie in Namibië en drie in Suid-Afrika is, of die Bankduiker waarvan 80% van die wêreld se bevolking op Mecury-eiland broei. Sou daar ’n oliestoring voor Mercury wees, word die spesie deur uitwissing bedreig.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie