Plantstropery ’n gevaarlike neiging
Die Nasionale Botaniese Tuin se kurator, Leevi Nanyeni, het ’n beroep op Namibiërs gedoen om die stryd teen die toenemende stropery van inheemse en kwesbare plante te ondersteun.
Namibië huisves van die wêreld se mees unieke plantspesies, wat almal by die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut (NBRI) in die hoofstad gekategoriseer, gekatalogiseer en bewaar word.
Nanyeni het kommer uitgespreek oor die groeiende tendens van plantstropery.
“Deesdae kry ons ál hoe meer met plantstropery te doen. Hier rehabiliteer ons van dit wat ons so kry, of ons vind ’n gepaste en veilige plek om hulle te plant en na hulle om te sien. Plantstropery het ’n neiging geword. Ek weet reeds van tot tien geregistreerde sake daarvan – net tussen 2019 en 2023. Die plante word verwyder en daar is baie gevalle, soos met die Adenia pechuelii, waar die plante tot ’n massiewe grootte kan groei. Ek het een saak wat 164 van hierdie plante behels,” brei hy uit.
“Ons kosbare plante word geteiken en talle word uitgehaal. Dalk kan hulle vir bonsais gebruik word omdat hulle so mooi is, maar dit is net ’n teorie, ons is nie seker nie. Dis iets wat my slapelose nagte gee. Dié wat hiervoor (stropery) gevang word, moet in die openbaar op radio en televisie ontbloot word sodat ons kan weet wie hulle is. Die publiek wat betrokke is moet weet en hoor van die nagevolge agter hierdie aksies,” sê hy.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ook in Augustus kommer oor dié neiging uitgespreek. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het destyds gesê daar word toenemend op gestroopte plante beslag gelê – met 22 inhegtenisnemings in dié verband sedert 2022.
“Dit is duidelik dat plantprodukte onwettig geoes word en in groot volumes handel mee gedryf word, wat ’n vinnige impak op plantbevolkings kan hê, veral dié van skaars spesies met ’n gelokaliseerde verspreiding,” het hy gesê.
Volgens Muyunda tel Adenia, Conophytum, Lithops, Cyphostemma, Pachypodium en Commiphora onder die plantspesies wat geteiken word. Talle van dié plantsoorte is kwesbaar vir uitsterwing.
Die omgewingsministerie se 2022-verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië noem ’n voorval waar Cyphostemma- en Adeniamonsters met vervalste permitte per lugvrag van Windhoek na Hongkong gesmokkel is. Duiwelsklou is ook dikwels in smokkelaars se visier en onwettige oeste wat tussen wettige oeste weggesteek en só uitgevoer word, is volgens die verslag ’n uitdaging.
“Die wêreldwye vraag na sierplante het die afgelope paar jaar ontplof, deels aangedryf deur die internet wat maklike verbinding met markte oraloor die wêreld moontlik maak, terwyl die risiko om aangekeer te word laag is,” lui die verslag. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie