Private renostereienaars moedeloos
'Voer verlore stryd'
Meer ondersteuning word van die regering teen stropers en sindikate vereis.
Private renosterseienaars meen Namibië is besig om die stryd teen stropery te verloor met geen hulp van die regering nie.
“Ons is besig om ’n oorlog te baklei wat ons nie gaan wen nie,” het ’n ontstoke renostereienaar aan Republikein gesê wat sy witrenosters aan die hand van stropers verloor het.
Dit volg na die skokaankondiging van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme dat 28 renosters in die eerste drie maande van die jaar in Namibië gestroop is.
“Tweederdes van my renosterbevolking is weg! Ons renostereienaars weet nie meer waarheen om te gaan en hoe om druk op die regering te sit om ons by te staan nie.
“Daar kan nie van private eienaars verwag word om eenvoudig hierdie tipe van finansiële verliese, veral tydens die droogte, net af te skryf nie.”
Hy sê renostereienaars is keelvol vir die manier hoe hulle hanteer word nadat hulle groot uitgawes aangaan om renosters te help bewaar.
“Met geen aktiewe ingryping van die regering se kant af nie, kan mens nie anders as om te wonder of daar nie dalk hooggeplaastes is wat uit hierdie misdade voordeel trek nie.
“Ons bewaar renosters om toeriste na ons land te lok, maar dit kos ons tussen N$30 000 en N$100 000 per maand om die diere op te pas.”
Hy pleit dat die handel in renosterhorings gewettig word en vra ook waarom Namibiese weermagsoldate nie help om hul renosters op te pas nie.
HOWE
Renostereienaars se grootste knelpunt is dat sake by howe deur die mat val en vermeende stropers op borgtog vrygelaat word.
“Die howe (in veral die Otjiwarongo-distrik) gee borgtog van tussen N$3 000 en N$8 000 aan stropers met die verweer dat die horings nie in hul besit gevind is nie, ongeag die feit dat hulle wel by hierdie misdaad betrokke is.”
In sulke gevalle word die verdagte vir poging tot stropery of onwettige betreding van eiendom aangekla.
Die renostereienaar meen hierdie vrygelate misdadigers word keer op keer gevang waar hulle by dieselfde misdaad, ook vee- en wildstropery, betrokke is.
Die hoofbewaringswetenskaplike in die omgewingsministerie, Piet Beytell, het gister aan Republikein erken dat howe ’n groot probleem is, maar dat daar juis op Otjiwarongo ’n gespesialiseerde wildmisdaadhof gevestig word.
FRUSTRASIE
“Vir ons is dit ook frustrerend. Almal werk saam om renosterstropers vas te trek, maar daar is wel stropers wat op borgtog vrygelaat is,” het Beytell bevestig.
Wat sekuriteit aanbetref, sê hy “natuurlik kan ons nie met sekuriteit help nie”.
Beytell verduidelik dat plaaseienaars self aansoek doen om renosters op hul plase deur die renosterbewaringsprojek te vestig en deur ’n streng keuringsproses gaan.
“Die ministerie vat die renosters op ons eie onkoste na die plase. Ons onthoring elke twee jaar die renosters met die koste van die helikopter alleen wat N$18 000 per dag beloop,” het Beytell gesê.
Volgens hom word ’n aansporingstrategie rakende die renosterbewaringsprojek in plek gestel waarmee boere met skenkersgeld beloon sal word.
Die renostereienaar eis dat die omgewingsminister en die polisiehoof vorendag kom met ’n oplossing.
Hy sê indien wetgewing nie daadwerklik gaan verander nie, kan private eienaars nie blameer word as hulle sake in eie hande neem en Botswana se beleid van skiet op sig volg nie.
“As al die private renostereienaars van hul renosters ontslae raak, hoe sal die staat die geld hê om renosters te bewaar en van uitwissing te red?” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie