Project Cheetah in Indië meld nog ’n vrekte aan
Indië se Project Cheetah het Dinsdag weer ’n terugslag beleef toe nog ’n jagluiperd wat van Namibië in die Kuno Nasionale Park (KNP) in die Madhya Pradesh-provinsie hervestig is, gevrek het.
Pawan was een van agt Namibiese jagluiperds wat op 1 September 2022 na Indië geneem en in die KNP vrygelaat is.
Pawan is Dinsdag omstreeks 10:30 gevind waar hy naby die rand van ’n kloof tussen bosse gelê het. Dit is volgens inligting wat in ’n verklaring van die kantoor van die hoofbewaarder en die direkteur van die Lion Project, Uttam Sharma, vervat is.
Met Pawan se dood staan die aantal jagluiperds wat sedert die bekendstelling van Project Cheetah gevrek het, reeds op 13. Al die jagluiperds het ná Maart 2023 gevrek.
Van die 20 jagluiperds wat tot dusver in Indië hervestig is – agt van Namibië in September 2022 en 12 uit Suid-Afrika in Februarie 2023 – is almal aanvanklik in die natuur vrygelaat. Hulle is egter teen 13 Augustus 2023 na die kampe teruggeneem nadat drie jagluiperds dood is, met net Pawan wat in die veld agtergebly het.
Sewentien welpies is tot dusver in Indië gebore, waarvan 12 oorleef het. Dit bring die totale aantal jagluiperds, insluitend welpies in KNP, op 24 te staan, wat almal tans in kampe is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie