Projek om Prosopis te bestry
Tyd vir tender is nou
'n Konsultant moet die gemeenskap, wat betrokke is in die oes van Prosopis, se kennis uitbrei oor die prosessering en bemarking van Prosopis-produkte.
Belangstellendes kan nou aansoek doen om te konsulteer vir die bemarking en verkope van Prosopis-produkte vir die Ai-Ais Nasionale Park-, Dreihuk-, Gibeon- en Mariental-gebied.
Die Oranje-Senqu-rivierkommissie, beter bekend as Orasecom, het verlede week Vrydag ’n uitnodiging vir tenders uitgereik.
Dit kom nadat Orasecom daarin kon slaag om geldelike ondersteuning van hierdie – en ander projekte – te begin.
Dit sluit in om hulp aan die Namibiese regering te verleen in die volhoubare bestryding van uitheemse indringerspesies, soos Prosopisse in die bogenoemde gebiede. Sodoende kan die agteruitgang van grond ook bestry word.
Orasecom is ’n raadgewende liggaam vir die ontwikkeling en benutting van waterhulpbronne binne die Oranje-Senqu-rivierkom. Hierdie rivierkom is die derde grootste in Suider-Afrika, dek sowat 1 miljoen vierkante kilometer (km2) en word deur vier lande gedeel –Namibië, Suid-Afrika, Lesotho en Botswana.
Volgens ’n inligtingstuk deur Orasecom besit die gemeenskap, wat betrokke is in die oes van Prosopis, beperkte kennis oor die prosessering en bemarking van Prosopis-produkte.
Die doel is dus om hierdie mense met vaardighede toe te rus om onder meer vuurmaakhout, houtskool, pale, spanhout (droppers) en dierevoer van die prosopis te maak. Dit sluit in dat die gemeenskap geleer moet word oor hoe om waarde tot die produk te voeg, dit te verpak en te etiketteer en pryse daarvoor te maak. Hulle moet ook opleiding ontvang in die bemarking van hul produkte.
Markte moet ook vir hul produkte verkry word, terwyl ’n sakestruktuur onder mentorskap gevestig moet word. Die projek sal na verwagting ses tot 12 maande duur. Dit sal onder die direkte toesig van Orasecom, die Prosopis-projek se stuurkomitee asook amptenare van die ministerie van bosbou en toerisme gedoen word.
Belangstellendes het tot 8 Junie om hul tenders in te dien.
EKOLOGIESE GEVAAR
Dit kom nadat studies deur die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) se dr. Ben Strohbach jare vantevore reeds op die ekologiese gevaar van Prosopis-bome in die Gideon-omgewing gedui het.
Sy navorsing het getoon dat Prosopis-bome veel dorser is as wat Namibië se damme en waterstelsels kan bekostig. Die boom kom oorspronklik van Amerika en Mexiko, terwyl dit baie doeltreffend daarin is om inheemse plantspesies te verdryf. Dit bedreig veral Namibië se kosbare kameeldoringbome, maar het ook goeie kommersiële waarde wat benut kan word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie