Promosie-artikel: Die Stampriet- artesiese kom (SAB)
Die Stampriet- artesiese kom (SAB) of die Stampriet Oorgrensakwifer (STAS) strek vanaf suidoostelike Namibië tot in Botswana en Suid-Afrika.
Die totale oppervlakte beslaan 86 647 km2, waarvan 73% in Namibië, 19% in Botswana en 8% in Suid-Afrika is.
Boorgate in die akwifer ondersteun boerdery al vir meer as ’n eeu.
Oppervlakfonteine is skaars. Mense, diere en die boerdery- en toerisme-ekonomieë van die streek is geheel en al afhanklik van drinkwater uit dié ondergrondse akwifere. Buurlande pomp water uit presies dieselfde akwifere. Die grootste akwifer met die sterkste opbrengste voorsien drinkwater aan dorpe en gemeenskappe.
Besproeiing maak 88% van die jaarlikse waterverbruik uit. Die uraan-ertsliggame in die Leonardville-omgewing kom binne dieselfde akwifer voor.
Modellering van die hoë grondwatervloeitempo’s wat deur besproeiing geïnduseer word, voorspel ’n groot potensiaal vir kontaminasie van akwifere deur giftige in situ-loging-mynoplossings.
Ons enigste bron van water is in gevaar!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie