ReconAfrica: Aktiviste rig ernstige aantygings aan hoërhof
Namibië ‘dra al die gevolge’
Sowat 30 betogers het gister voor die hoërhof in Windhoek byeengekom in solidariteit met die gemeenskappe van die Kavangostreke.
Verskeie Namibiese nieregeringsorganisasies en omgewingsbewustes het hul solidariteit met die Kavango-gemeenskappe verklaar toe sowat 30 betogers gister voor die Windhoekse hoërhof saamgedrom het om hul ontevredenheid uit te spreek oor moontlike regskoste van meer as N$500 000 wat dié gemeenskappe moontlik sal moet opdok.
Verteenwoordigers van die bewaringsgebiede en gemeenskaplike woude het onsuksesvol in die hoërhof opgetree teen die Kanadese olie- en gasmaatskapy ReconAfrica, die Namibiese regering en die staatsbeheerde petroleummaatskappy Namcor.
Die hoërhof sou gister besluit of plaaslike gemeenskappe in die Kavango tot N$520 757 aan regskoste moet betaal nadat die hof hul versoek van die hand gewys het vir dringende ingryping om te verhoed dat ReconAfrica voortgaan om vir olie en gas te boor, op grond van kanale wat nie reg gevolg is nie.
Die uitspraak oor die regskoste is egter tot Mei uitgestel.
“Dis hoe ’n staatskaping lyk. As die Namibiese regstelsel nie die Namibiese grondwet kan handhaaf en sy mense kan verdedig nie, is dit duidelik ’n staatskaping,” glo Ina-Maria Shikongo van die Fridays for Future-protesbeweging.
Volgens haar skend die land se regstelsel ook die mense se grondwetlike regte deur ’n maatskappy wat reeds by verskeie geleenthede Namibiese mense geïntimideer het, toe te laat om sy bedrywighede voort te sit.
Die gemeenskapslid Max Muyemburuko, wat ReconAfrica hof toe gesleep het en geappelleer het teen hul permitte om verder op gemeenskaplike grond te boor, het uitgewys die oliemaatskappy sal eendag bloot terugkeer Kanada toe. “En ons sal in Namibië bly. Watter skade hulle ook al agterlaat, sal ons moet hanteer en hulle sal geen deel hê aan die gevolge nie.”
Hy het gesê die regering moet onthou dat hulle die land se inwoners moet dien. “Ons het vir hulle gestem om te staan vir die belange van die mense – nie vir hul eie belange nie.”
Die protesgroep hoop om kwytgeskeld te word van die aanspreeklikheid om moontlik die regskoste te betaal. Oor die uitstel van die saak sê hy: “Ons het besluit om steeds teen die saak te protesteer, want dit was nie ’n saak wat die Kavango-gemeenskap in die eerste plek moes verloor het nie.”
ReconAfrica het lisensies van die regerings van Namibië en Botswana verkry wat hulle toelaat om eksplorasiewerk oor ongeveer 35 000 vierkante kilometer in die Kavango- sedimentêre kom te doen.
Die petroleumooreenkomste met Namibië en Botswana gee aan ReconAfrica die eksklusiewe reg om ’n produksielisensie van 25 jaar te bekom. Die maatskappy het reeds in 2021 met verkenningsboorwerk en seismiese opnames in Namibië begin en het in 2022 aansoek gedoen om ’n verlenging sowel as uitbreiding van sy omgewingsklaringsertifikaat (ECC).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie