Renosterstropers stel hul visier op plase in
Slegs twee olifante vanjaar gestroop
Die ministerie en sy belanghebbendes sal strategieë wat in nasionale parke toegepas word, ook op onderskeidelik bewarings- en private plase implementeer.
Altesaam 33 karkasse van gestroopte renosters, waarvan 24 swartrenosters en 9 witrenosters was, is vanjaar ontdek.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanjaar se stroperyvoorvalle 15 gestroopte renosters in die Etosha Nasionale Park, nege renosters op bewaringsplase en nog nege op private plase ingesluit.
“Sedert ons strategieë teen wildmisdaad in nasionale parke verskerp is, het stropery afgeneem. Dit het egter stropers se visier na bewaringsplase en private plase met witrenosters laat verskuif,” het Muyunda gesê.
Hy het gesê die renosterstropery-situasie in die land verander gedurig.
“Hierdie stryd is duidelik nog lank nie verby nie, maar ons bly toegewyd daartoe om te verseker dat renosterstropery aansienlik verminder word as dit nie heeltemal hok geslaan kan word nie.
“Dit verg egter die betrokkenheid van alle belanghebbendes, insluitend lede van die publiek, deur stropery in ons samelewing te veroordeel.”
Muyunda het gesê om renosterbewaring te versterk en verdere stropery te voorkom, sal die ministerie en sy belanghebbendes strategieë wat in nasionale parke toegepas word, ook op onderskeidelik bewarings- en private plase implementeer.
Dit sluit in verhoogde grondpatrollies, lugpatrollies met ’n helikopter, die vestiging of versterking van teenstropery-eenhede, en die betrekking van die ministerie en wetstoepassingsagentskappe by intelligensie- en wetstoepassingsbedrywighede.
Verlede jaar is 44 renosters in Namibië gestroop, terwyl 42 voorvalle in 2020, 57 in 2019, 83 in 2018 en 55 in 2017 aangeteken is.
Reuters het vandeesweek berig Suid-Afrika het ook vanjaar ’n toename waargeneem in die aantal renosters wat onwettig vir hul horings doodgemaak is, namate stropers oorgeskakel het na jag in private parke.
Muyunda het egter bygevoeg die ministerie is bly dat olifantstropery relatief laag bly met slegs twee olifante wat vanjaar gestroop is.
“Soos ons vorentoe beweeg, is ons teiken om olifantstropery heeltemal stop te sit. Terwyl renosterstropery voortdurend verander, het olifantstropery aan die ander kant die afgelope vyf jaar geleidelik afgeneem.”
Altesaam 50 olifante is in 2017 gestroop, 27 in 2018, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt verlede jaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie