REP NEWS
REP NEWS

Rep brokkies: Two Oceans ondersteun veldtog

Iréne-Mari van der Walt
Die Suid-Afrikaanse Two Oceans Akwarium het onlangs sy steun vir die Not On Our Watch (NOOW)-veldtog bekend gemaak.

Die veldtog hoop om die uitwissing van die Afrika-pikkewyn, wat net in Namibië en Suid-Afrika voorkom, hok te slaan. Die spesie staar teen 2035 uitwissing in die gesig indien daar nie daadwerklik opgetree word nie

In die vroeë 1900’s was daar na bewering 1,5 miljoen en 3 miljoen Afrika-pikkewyn onderskeidelik in Namibië en Suid-Afrika, maar tans is daar ’n geskatte 10 000 broeipare in Suid-Afrika en net 4 000 in Namibië.

“Dit is ’n verbysterende weerspieëling van die menslike impak op die Afrika-pikkewyn en sy totale ekosisteem,” het Two Oceans op sy webtuiste gesê.

Bron: Two Oceans Akwarium-webtuiste

Kommentaar

Republikein 2025-04-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer