Robbulle glo net vir geslagsdele geoes
Vleis, ander produkte ongebruik
Die adjunkminister van visserye het bevestig dat die land 'n oorweldigende aantal klagtes teen rob-oeste ontvang.
Die land se onbeheerde groei van die robbevolking is ’n direkte gevolg van kwotahouers wat net daarop fokus om bulle vir hul geslagsdele te oes, wat die res van die dier, insluitend die vleis en waardevolle neweprodukte, ongebruik laat weens ’n gebrek aan ’n mark.
Só het die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne, Tjekero Tweya, Maandag in die parlement gesê tydens die voorlegging van die komitee se bevindings.
Hy het aangevoer die huidige stelsel bevoordeel slegs ’n handjievol beleggers, terwyl die potensiaal vir nywerheidsontwikkeling geïgnoreer word.
“Dis waar dat robbe ’n ernstige probleem skep en hulle is oorbevolk. Hoekom? Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne reik kwotas uit vir die oes van hierdie spesifieke hulpbron – robbe.
“Vir hierdie visvangtydperk of vir vanjaar het die ministerie ’n totaal van 60 000 robbe toegeken wat geoes moet word. Uit hierdie getal is ongeveer 8 000 bulle, terwyl die res welpies is,” het hy gesê.
“Robbe word as ’n bedreigde spesie gelys. Die handel in robprodukte uit Namibië kan sanksies tot gevolg hê, wat ’n uitdaging inhou.
“Daar is een buitelandse belegger wat belangstel, nie in die hele rob as ’n produk nie, maar spesifiek in die geslagsdele, wat vir medisinale doeleindes gebruik word.
“Aangesien die geslagsdele van welpies nie lewensvatbaar vir hierdie doel is nie, maak hy staat op die 8 000 bulle – uitsluitlik vir dié doel – uit die kwota van 60 000,” het Tweya gesê.
“Wat gebeur dan? Hierdie ses of sewe kwotahouers sal net die geslagsdele teiken, want dit is waar hulle hul inkomste sal kry. Die res van die rob – die vleis, olie en ander waardevolle produkte – bly ongebruik weens die gebrek aan ’n mark,” het hy bygevoeg.
Tweya het aangevoer dat die versuim om ’n nywerheidsbasis te vestig, beteken dat Namibië ekonomiese geleenthede misloop terwyl dit die robbevolking toelaat om buite beheer te raak.
“Dit is waar nywerheidsontwikkeling moet inkom. Daar is bevestig dat robvleis proteïenryk is, maar dit word nie geoes nie omdat daar nie plaaslik ’n mark daarvoor is nie.
“Dit is nie die verantwoordelikheid van kwotahouers om nywerheidsontwikkeling aan te dryf nie.
“Dit vereis dat verskillende tipes beleggers verwerkingsgeriewe moet vestig wat olie kan produseer, soos Omega-3, rome en ander produkte. Die vleis kan plaaslik gebruik word, eerder as om weggegooi te word,” het hy gesê.
KWOTAS
Die komitee se bevindings het aan die lig gebring dat die robbevolking oor die jare gegroei het weens onderbenutte kwotas.
Kwotahouers het nie die middele om robprodukte te oes of te verkoop nie en dra eerder hul regte oor na die robfabriek op Hentiesbaai. Dié fabriek maak op sy beurt slegs staat op ooreenkomste met regtehouers, aangesien dit nie self kwotas ontvang nie, wat sy bedrywighede beperk.
Die verslag het bevind dat die oesseisoen van ses maande vanaf 1 Julie tot 15 November onvoldoende is. Waarnemings dui glo daarop dat bulle teen einde November hul verskyning maak nadat die oesseisoen gesluit het.
Die komitee het aanbeveel dat die visseryeministerie dit oorweeg om die oesseisoen tot einde November te verleng om volle kwotabenutting moontlik te maak.
Daarbenewens moet die ministerie plaaslike verbruik van robvleis as ’n proteïenbron deur die Namibië Visverbruiksbevorderingstrust bevorder.
Die komitee het ook ’n verhoging in kwotas van 50 000 tot 200 000 aangemoedig om robgetalle op ’n volhoubare vlak te bring.
Die adjunkminister van van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Lucia Witbooi, ’n komiteelid, het die aanbeveling ondersteun om die oesseisoen te verleng.
“Bulle verskyn nie daagliks aan land nie Hulle kom eers teen die einde van September aan land, wat tans net twee weke vir oes toelaat,” het sy gesê.
OMSTREDENHEID
Die adjunkminister van visserye, Sylvia Makgone, het bevestig dat die land ’n oorweldigende aantal klagtes teen rob-oeste ontvang.
“Elke jaar wanneer die oesseisoen naderkom, word die ministerie se rekenaars oorstroom met briewe van mense wat die manier waarop robbe geoes word, teenstaan – soms soveel as 10 000 per dag,” het sy gesê.
Een van die briewe lui: “Stop die slagting van Kaapse pelsrobbe. Ek is geskok dat die Namibiese regering die wrede en sinnelose slagting van Kaapse pelsrobwelpies en -bulle bevorder. Die kleintjies is so jonk dat hulle nog soog. Hulle word van hul ma’s geskei en voor mekaar en by hul ma’s vrekgeslaan.”
Die minister van visserye, Derek Klazen het in reaksie op die kritiek gesê: “Ons ontvang baie sulke briewe wat die openbare mening oor ons praktyke weergee. Ons probeer egter doen wat die beste vir ons land is.”
Hy het bygevoeg dat Namibië kan leer by ander lande wat robbevolkings meer doeltreffend bestuur.
“Dit is belangrik vir ons om Kanada te besoek om te evalueer hoe hulle hul robbevolking bestuur en beter oplossings te ondersoek.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie