Rooiborsbyvreters in Noorde met nette gevang

Frank Steffen
Rooiborsbyvreters met nette gevang

’n Mediaspan van Namibia Media Holdings (NMH) het tydens ’n besoek aan die gebied oos van die pad vanaf Katima Mulilo na die grenspunt by die Ngoma-brug en verby die Nakabolelwa-nedersetting onderweg na Impalila-eiland op die broeigebied van die suidelike rooiborsbyvreter in die Kabulabula-bewaringsgebied afgekom.

Die broeigebied is strategies met nylongaas op so ’n manier bedek dat die voëls daarin verstrengel raak wanneer hulle hul neste verlaat of binnegaan. Die voëls maak hul neste in die kleigrond. Verskeie dooie voëls is verstrengel in die gaas gevind. ’n Valk het onbewus van die gevaar ook verstrengel geraak terwyl hy probeer het om vleis uit die nette te probeer pik.

’n Plaaslike gids het die voorval by die betrokke owerhede aangemeld en dit sal gesamentlik deur die plaaslike verteenwoordigers van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en ander bewaringsorganisasies in die gebied ondersoek word.

Volgens plaaslike owerhede wil dit voorkom asof Chinese sakelui na bewering goed vir dié voëls se vere betaal.

Die suidelike rooiborsbyvreter (Merops nubicoides) kom in die noordoostelike vleilande van Namibië voor, maar verkies vloedvlaktes en riviere. Die voëls kom ook in die gebied voor wat strek vanaf KwaZulu-Natal in Suid-Afrika, verby die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) tot in Gaboen en Kenia.

Die NMH-span kon ’n voël wat verstrengel geraak en nog geleef het, red en vrylaat.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!