'Rubbish Robbie' leer oor herwinning

Henriette Lamprecht
Die Recycle Namibia Forum (RNF), 'n nie-winsgewende organisasie, het 'n opvoedkundige veldtog van stapel gestuur wat met sang en dans die belangrikheid van herwinning by kinders wil tuisbring. Rubbish Ronnie sal kinders touwys maak en die veldtog vervang die herwinningskompetisie by skole waaraan byna 50 skole jaarliks deelgeneem het.

Die projek is moontlik gemaak deur Pick 'n Pay Namibia wat 'n gedeelte geskenk het van elke inkopiesak wat landwyd verkoop word met die doel om 'n nuwe opvoedkundige program vir die jeug van stapel te stuur. Die bekende plaaslike musikant, DJ Castro het Rubbish Ronnie se temaliedjie gekomponeer, terwyl leerlinge van die primêre skool Cimbebasia ingespan is om saam met te dans.

Volgens die koördineerder van die RNF, me. Anita Witt, is die doel van die veldtog om inligting oor die 7 R'e te deel, naamlik Rethink, Refuse, Reduce, Reuse, Repair, Regift and Recycle.

Skole gaan as deel van die veldtog ook uitgenooi word om hul eie bordspeletjies te skep wat die uitdagings in hul eie gemeenskappe uitbeeld tesame met voorstelle vir oplossings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!