Mnr. George Kambashi sê San gemeenskappe het nie vertroue in beamptes van die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme om hul omgewing te beskerm nie.
Foto Augetto Graig
Mnr. George Kambashi sê San gemeenskappe het nie vertroue in beamptes van die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme om hul omgewing te beskerm nie. Foto Augetto Graig

San voel misken in oliesoektog

Kanadese geskiedenis met inheemse mense wek kommer
Lede van die San-gemeenskappe binne die Bwabwata Nasionale Park en in die Kavangostreke voel uitgesluit.
Augetto Graig
Lede van die San-gemeenskap van Omega 1 in die Bwabwata Nasionale Park, waar die Kanadese maatskappy Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) tans besig is met sy soektog na olie, voel uitgesluit en misken.

Dit weens booraktiwiteite en ontbossing op hul tradisionele grond.

Volgens mnr. Fasco Dihako verstaan hulle daar is voordele en nadele aan die soektog na olie verbonde, maar die betrokke gemeenskappe is veral bekommerd oor die langtermyn-gevolge op die sensitiewe Kavango-gebied.

Hy sê twee derdes van die gemeenskap ondersteun nie die oliesoektog nie.

“Nadele vir die omgewing, tot wild en vee, tot die betrokke mense kan ernstig wees. Wat sal die langtermyn-gevolge vir die Kavango-korridor wees? Wat van die mense se gesondheid, die omgewing en die natuurlike hulpbronne? Wat sal gebeur wanneer hulle weggaan?” wou hy weet.

Me. Patrichia Dinyando, ook ’n inwoner van Omega 1, sê die eksplorasiemaatskappy het net hul hoofman na ’n vergadering genooi – weg van die gemeenskap – waar hy belowe is dat ’n vulstasie daar gebou sal word en werksgeleenthede sal kom as olie ontdek word. “Hulle het nie die volledige inligting met ons gedeel nie. Hulle het ons ook nie gevra nie, maar ons net ingelig dat die projek kom.”

Sy was ook teenwoordig toe die parlementêre komitee oor natuurlike hulpbronne besoek aan die Kavangostreke afgelê het om feite oor die oliesoektog te verifieer.

Sy sê die teenstand wat sy en haar jong medegemeenskapslede gewys het, is nie by die vergadering verwelkom nie.

“Die raadslid het gesê ons moet nie nee vir Recon sê nie; ons was nie welkom daar nie,” sê sy.

Ander gemeenskapslede het ook hul kommer oor die vermoë van beamptes van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme uitgespreek om die kosbare natuur in Bwabwata te beskerm.

Me. Kileni Fernando sê die San-gemeenskappe in Bwabwata ken nie omgewingsbeamptes nie en dat hulle nie die beamptes vertrou nie.

Sy vra hoekom verbied die beamptes Namibiërs om in sekere dele van Bwabwata bessies te versamel, maar laat Recon so maklik toe om waardevolle bome af te kap.

“Hoekom beskerm hulle die natuur teen ons, maar nie teen Recon nie,” wou sy weet.

Mnr. George Kambashi van Muchiku in die Divundu-kiesafdeling sê ook die omgewingsministerie doen niks oor ander gemeenskappe wat die park se gronde annekseer nie, terwyl klagte vanaf San-inwoners geïgnoreer word.

“Ons huil maar hulle ignoreer ons. Daar is geen vertroue nie en hulle werk nie saam met ons nie. Selfs ons eie raadslede verraai ons, soos die geval met ons tuinbouprojek waar die raadslid geskenkte toerusting aan ’n nuwe projek gegee het. Ander mense word in beheer van ons projekte geplaas, en hulle hanteer dinge op die verkeerde manier namens ons,” sê hy.

Dié San het vandeesweek opleiding by die Sentrum vir Vroueleierskap in Windhoek ontvang om geweld in huishoudings binne hul gemeenskappe te bekamp.

Die stigter van die sentrum, me. Elizabeth Ikhaxas, sê hul eie navorsing oor Kanadese geskiedenis wek kommer as dit kom by die behandeling van inheemse mense.

Gemeenskappe is in die verlede vernieting, omgewings besoedel en maatskappye het verwoesting agtergelaat wanneer hulle spesifieke gebiede verlaat het.

“San-mense is reeds randgemeenskappe in Namibië. Hulle kry reeds nie die dienste wat hulle benodig nie,” sê sy en, “wie sal skoon maak,” wou sy weet.

Pogings om ReconAfrica om kommentaar te bereik, was teen druktyd onsuksesvol.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!