Sossusvlei omskep in ‘speelplek’

Tanja Bause
’n Foto van motorfietsspore in Sossusvlei het dié week opslae in die sosiale media gemaak. Die publiek is ontsteld hieroor.

“Hierdie foto is op 15 Mei 2023 deur Judy H. tydens ’n vlug oor die duine geneem,” lui ’n inskrywing.

“Dit is duidelik dat Sossusvlei die speelplek van sommige selfsugtige, onnadenkende en genadelose idiote geword het. Ek hoop die skuldiges kan gevind word en ’n reisverbod opgelê word. Ons vra mense om nie aan die bome in die Dooievlei te raak nie, maar dan kom mense en doen dit.”

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het die optrede sterk veroordeel.

“Ons het ’n ontstellende tendens agtergekom waar besoekers in ons nasionale parke roekeloos in verbode gebiede bestuur.

“Tydens so ’n geval het ons bandmerke in een van die klein panne langs die Big Momma-duin in die Namib-Naukluft Park opgemerk. Die spore dui duidelik dat die skuldiges toertjies uitgevoer het (spin) met wat ons vermoed motorfietse was,” lui ’n verklaring deur die ministerie.

Volgens die verklaring het die ministerie nie sulke aktiwiteit goedgekeur of enige kennis daarvan gedra nie. Om van die pad af of in verbode gebiede te ry, word nie toegelaat nie. Sossusvlei en die Namib-Naukluft Park is geen uitsondering nie veral omdat Sossusvlei ’n Wêrelderfenisgebied is.

“Ons doen ’n beroep op lede van die publiek wat inligting in die verband het om die ministerie te kontak sodat ons die skuldiges kan opspoor. Die ministerie sal probeer om die gebied te rehabiliteer.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!