rhino poaching 3
rhino poaching 3

Spesiale hof reik N$300 000 se boetes uit

Ellanie Smit
Die spesiale hof vir wildmisdade het in Maart verlede jaar sowat N$300 000 se boetes aan misdadigers uitgereik.

Die hof het 22 wildmisdaadsake aangehoor waarvan sewe uitgestel is, 15 afgehandel is en vyf tot skuldigbevindings gelei het. In twee sake is beskuldigdes onskuldig bevind. Altesaam tien individue is skuldig bevind en drie is kwytgeskeld.

Dit is volgens advokaat Johannes Kalipi, die hoof van die eenheid vir omgewingsmisdaad in die kantoor van die aanklaer-generaal.

Hy het ’n verslag oor die vervolging van wildmisdaadsake in Namibië by die Nasionale Forum vir Belanghebbendes oor die beskerming van Natuurlewe en Wetstoepassing voorgelê.

Die statistiek wat hy verskaf het, het getoon dat vanaf 15 Junie 2022 tot 2 Julie 2023 altesaam 409 skuldigbevindings gemaak is, waarvan slegs 16 beboet is.

Dit sluit 291 Namibiërs, 62 Zambiërs, 27 Angolese, tien burgers van Botswana, agt Asiërs, sewe Suid-Afrikaners, drie Tanzaniërs en ’n Kongolese burger in.

Kalipi het gesê gedurende hierdie tydperk is altesaam 679 sake aangemeld, waarvan 472 nog hangend is en 175 tot ’n skuldigbevinding gelei het.

Hy het verder gesê dat die vervolging van omgewingsmisdade ’n hoë prioriteit moet wees om skuldigbevindings te verseker en bewustheid te skep deur die dekking van omgewingsmisdade te verhoog.

Volgens hom vra die globale omvang en impak van omgewingsmisdade ’n gekoördineerde nasionale en internasionale benadering om hierdie probleem aan te pak.

“Natuurlewe vorm die ruggraat van toerisme en dit is ’n groot bydraer tot Namibië se ekonomie.”

Kalilpi het verduidelik dat die spesiale hof in Maart verlede jaar in Windhoek gehou is en sake van geldwassery, korrupsie en wildmisdaad aangehoor het.

“Twee spesiale hofsale was gedurende dié tydperk aan die gang.”

Hy het gesê altesaam vyf staatsaanklaers is gekies om die sake te hanteer en hulle het buite werksure gewerk, insluitend naweke.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 3 vs 2 Tottenham Hotspur | Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Sociedad 1 vs 1 Atletico Madrid | Sevilla 1 vs 0 Real Betis | Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Fiorentina 2 vs 1 AC Milan | Monza 1 vs 1 AS Roma | SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 37° Rundu: 17° | 37° Eenhana: 19° | 38° Oshakati: 20° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:06, High tide: 05:27, Low Tide: 23:32, High tide: 17:32 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:04, High tide: 05:25, Low Tide: 23:30, High tide: 17:30 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:04, High tide: 05:24, Low Tide: 23:30, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 32° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 19° | 34° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 23° | 24° Gaborone: 18° | 32° Lubumbashi: 16° | 35° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 12° | 30° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 19° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 33° Harare: 16° | 30° #N/A #N/A