Spesiale howe vir wildmisdaad vorder goed
Lewer resultate
Dié howe fokus uitsluitlik op die hantering van wildmisdaadsake wat help om die agterstand van bestaande sake uit te wis, terwyl nuwe sake bespoedig word.
Die spesiale hof vir wildmisdaad op Otjiwarongo het ’n beduidende verskil gemaak in die afhandeling van wildmisdaadsake sedert dit aan die begin van die jaar geopen het.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, het gesê die vestiging van spesiale wildmisdaadhowe verg noukeurige beplanning onder belanghebbendes in die regering, insluitend die kantoor van die aanklaer-generaal, die ministerie van justisie en die regbank.
Hy het bygevoeg nieregeringsorganisasies en skenkersvennote het positief en entoesiasties op die inisiatief gereageer en beskou dit as deurslaggewend om te help om die agterstand van bestaande wildmisdaadsake uit te wis, terwyl nuwe sake bespoedig word.
Die inisiatief vorm deel van die nasionale strategie vir wildlewebeskerming om te help in die stryd teen wildmisdaad.
SAKE BESPOEDIG
“Hierdie hof fokus op omgewingsmisdaad en dit sal die hantering van sulke sake bespoedig en verbeter, wat na ons mening sal help met die voorkoming van wildmisdaad,” het Muyunda gesê.
Die wildmisdaadhof op Otjiwarongo het amptelik in Januarie in werking getree nadat dit in Augustus 2024 deur visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah ingewy is.
Muyunda het gesê hoewel verskeie sake reeds in die hof verhoor is, werk personeel ywerig daaraan om ’n hofrol op te stel en sake oor te dra van ander howe in die streek wat binne sy jurisdiksie val.
“Ons is inderdaad opgewonde oor die instelling van die wildmisdaadhof deur ’n vennootskapsbenadering wat die regering se verbintenis tot die beskerming van die land se wildlewe en omgewing toon rakende die ondersoeke en vervolging van omgewings- en wildmisdaad,” het hy gesê.
Die hof word beman deur ’n toegewyde landdros en ’n senior staatsaanklaer. Ondersteuningspersoneel is ook aangestel om te help.
RES VAN DIE LAND
Muyunda het gesê die ministerie is ook tevrede met die vordering van die implementering van spesiale wildmisdaadhowe in die res van die land.
In 2024 is spesiale wildmisdaadhowe in onderskeidelik Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geopen om ’n gesamentlike totaal van 181 sake te verhoor, waarvan 102 afgehandel is.
“Dié howe speel ’n beduidende rol om die agterstand van wildmisdaadsake uit te wis,” het Muyunda gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie