Springbok met draadstrik in Etosha
Die foto van 'n Springbok met ‘n draadstrik om sy nek is Sondagoggend by Nebrownii in die Okaukuejo-omgewing in die Etosha Nasionale Park geneem. “Dit is nie die eerste keer wat ons so iets sien nie. Almal kla oor die geskiet en stroop van wild, maar dit val op dowe ore. Dalk sal MEFT (ministerie van die omgewing, bosbou en tourisme) iets begin doen wanneer hulle die foto sien. Dit is glad nie ‘n mooi gesig vir ons toeriste om dié die klas goed te sien nie en dit in ‘n nasionale park,” het die fotograaf gesê. Nebrownii is ‘n watergat wat sewe kilometer oos van Okaukuejo geleë is en nie "naby enige dorpe of nedersettings geleë is nie".
Die woordvoerder van MEFT Romeo Muyunda het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.
Die woordvoerder van MEFT Romeo Muyunda het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie