Stampriet oorval met uraan-mynlisensies
Sauma spreek weer eens sy kommer uit
Die konsentrasie van opgeloste uraan is ver bo die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyn vir veilige drinkwater, sê Sauma.
Altesaam 3,3 miljoen hektaar Namibiese grond en 53% van die artesiese kom by Stampriet word nou opgeneem deur eksplorasielisensies vir uraanontginning, wat ’n bedreiging vir die gehalte van die drinkwater in die streek inhou.
Die Stampriet-akwifer is die grootste artesiese kom in Namibië.
Die Vereniging vir Uraanmynbou in die Stampriet-akwifer (Sauma) het weer eens sy kommer aan die regering uitgespreek met betrekking tot die risiko’s wat die voorgestelde uraanontginningsproses, bekend as in-situ uitloging, vir die Stampriet- artesiese kom in suidelike Namibië inhou.
Die bestuurskomitee van die vereniging het in ’n brief gerig aan die kabinet, parlementslede, staande komitees, streekgoewerneurs, raadslede, tradisionele owerhede en die polisie hul bekommernisse uitgelig.
Mense, diere en die ekonomie van uitgestrekte landelike gebiede van semi-droë Namibië maak geheel en al op drinkbare grondwater staat vir hul oorlewing, luidens die brief.
“Hulle het geen alternatief nie. Een van dié gebiede is die Stampriet- artesiese kom onder die Kalahariduine in die suidooste van Namibië. Die Stampriet-kom dien al dekades lank as ’n belangrike boerderygebied.”
Volgens die komitee toon ontledings van water uit boorgate in die Stampriet- artesiese kom dat die water buite die uraanertsliggaam veilig is om te drink.
Uraan is ook onlangs in die hoof- ondergrondse artesiese waterdraer van die Stampriet-kom ontdek, luidens die brief.
“Die situasie verander drasties as die uraan ontgin sou word. Dié mynbouproses, wat in-situ uitloging genoem word, behels dat swaelsuur en ander chemikalieë deur boorgate in die uraanertsliggaam wat in die akwifer geleë is, ingedruk word. Die uraan los dan in die water op en word dan weer uitpomp om die uraan te herwin.”
Die komitee het gesê die konsentrasie van opgeloste uraan is ver bo die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyn vir veilige drinkwater.
“In-situ uitlogingsmyne bestaan uit duisende inspuit- en produksieboorgate wat 20 tot 30 meter uitmekaar is oor gebiede van ongeveer 1 000 hektaar.”
Die eksplorasie deur in-situ uitloging het die potensiaal om die een akwifer na die ander grootliks te besoedel deur rotsbreuke en ou waterboorgate wat lek, lui die brief.
Intussen pomp besproeiingsprojekte water uit die hoofakwifer teen ongeveer 100 000 liter per uur, het Sauma gesê.
Dit veroorsaak dat die water teen ’n hoë spoed deur die akwifer vloei, wat moontlik water uit ’n myngebied – wat van in-situ uitloging gebruik maak – kan onttrek en besoedeling van die akwifer ver buite die grense van die myn kan veroorsaak.
Die Stampriet- artesiese kom strek tot in Botswana en Suid-Afrika, waar dieselfde akwifers in dié kom vir drinkwater gebruik word.
“Besoedeling van die water in hierdie buurlande as gevolg van in-situ uitloging in Namibië kan tot internasionale litigasie en groot skadevergoedingseise vir die Namibiese regering lei.”
Verder sal berigte van die besoedeling van ondergrondse drinkwater deur in-situ uitloging toerisme en landbou landswyd beïnvloed asook die land se reputasie en agronomiese ekonomie, het die vereniging beklemtoon.
Volgens die komitee is ’n omgewingsimpakstudie onlangs voltooi vir ’n loodsaanleg in die Stampriet- artesiese kom vir in-situ uitloging.
“As dit goedgekeur word, sal dit die eerste stap wees in die rigting van die besoedeling van die ondergrondse drinkwater van die Stampriet- artesiese kom. Die volgende stap sou ’n klein een tot volskaalse in-situ uitloging en ’n nasionale katastrofe wees.
“Ons versoek ernstig dat u die omgewings-, maatskaplike en ekonomiese impak van die voorgestelde in-situ uitloging noukeurig evalueer en besluite neem wat in pas is met die beste belange van Namibië en sy mense,” lui die brief.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie