Stryd teen onwettige visvang by Von Bachdam
Pogings om die reuseprobleem van onwettige visvangbedrywighede by die Von Bachdam te bekamp, begin reeds resultate toon, grootliks weens samewerking tussen die plaaslike ploteienaars en vier veldwagters van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme.
Dit is volgens inwoners wat na die situasie gaan kyk het.
Ongemagtigde vissermanne gooi glo nette in die nouer dele van die dam wat veroorsaak dat diere in die nette verstrengel raak en vrek.
Volgens mnr. Derek van der Merwe, ’n ploteienaar, bind die stropers leë waterbottels om hul lywe en swem dan met die net van die een wal na die ander kant.
Dikwels is daar brandwagte op die omliggende heuwels om die vissermanne te waarsku wanneer veldwagters en inwoners nader kom.
Die omgewingsministerie het vier veldwagters aangestel om daagliks die gebied te patrolleer, die nette te verwyder, die lewende visse te bevry en die nette te verbrand.
“Ons en die veldwagters werk goed saam en hulle doen hul werk baie pligsgetrou,” sê Van der Merwe, wat nou saam met die veldwagters werk.
Die veldwagters kort egter toerusting om die onwettige aktiwiteite te bekamp. Hulle het nie ’n voertuig nie en nie genoeg petrol vir die boot wat hulle gekry het nie. Daarom help plaaslike inwoners soms uit met saamrygeleenthede en brandstof.
“Maande gelede is elke week talle nette gekry,” sê van der Merwe. “Nou raak dit al hoe minder. Ek dink ons is stadig maar seker besig om die stryd te wen.”
Inwoners soos Van der Merwe is hoofsaaklik gemoeid met die voortbestaan van die vis en om onwettige aktiwiteite by dié gewilde ontspanningsoord hok te slaan.
Bykomende personeel, voertuie en brandstof sal egter nodig wees om hul pogings op te skerp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie