Suide se ruikers blom

Tanja Bause
Die duinelelies buite Aus blom vanjaar weer.

Volgens Christine Wulff-Swiegers van Klein Aus Vista het die lelies verlede jaar ook geblom.

“Die lelies kom slegs op ’n klein gedeelte van die plaas voor. Verlede jaar het hulle ook geblom toe die reën ook vroeg in die jaar geval het. Hulle blom net wanneer daar somerreën geval het en dan kom hulle baie vinnig op. Jy kry hulle net ’n sekere gebied in die duine,” het sy gesê.

Die veldlelie is deel van die Crinum L.-familie waarvan daar tussen 60 en 100 spesies in die wêreld in Afrika, Amerika, suidelike Asië en Australië voorkom. In suidelike Afrika is daar tot dusver 22 erkende spesies.

“Die blomme is volledige en kleurvolle blomruikers as geskenk uit die natuur. Ongelooflik mooi en ’n nederige, vlietende oomblik van sagmoedigheid in die woestyn,” het sy gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!