Texas bedreig plaaslike jagbedryf
Verwyder hoë heinings
'n Wildkenner het gemaan al die spesies wat in Namibië voorkom, reeds volop in dié Amerikaanse deelstaat is.
Namibië moet sy unieke bate van uitgestrekte landskappe en ongeëwenaarde natuurskoon behou, aangesien Texas se eksotiese wildbedryf ’n ernstige bedreiging vir die Suider-Afrikaanse jagbedryf en vir Namibië inhou.
Dié waarskuwing kom van dr. Kevin Robertson, ’n gerespekteerde kenner in Afrika-wildlewebestuur, wat die gasspreker by die 50ste herdenking van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) was.
Robertson is ’n gekwalifiseerde veearts, professionele jagter en outeur van uitstekende boeke oor Afrika-wildskootplasing.
Hy het uitgebrei oor die uitdagings en bedreigings wat Namibië in die gesig staar en meen die volgende 50 jaar gaan aansienlike uitdagings vir die jag-, wild- en bewaringswêreld inhou.
Roberson het gesê Suider-Afrika het ’n mededinger op die horison wat die jagbedryf se bestaan in die nabye toekoms kan bedreig.
EKSOTIESE JAGBEDRYF
“Hierdie bedreiging is Texas se eksotiese wildbedryf. Texas het die wêreld se Noag se ark geword met 5 000 eksotiese jagplase met hoë heinings in dié Amerikaanse deelstaat.
“Daar is 1,6 miljoen eksotiese diere in Texas met 140 verskillende spesies.”
Robertson het gemaan al die spesies wat in Namibië voorkom, reeds volop in Texas is.
“Hulle floreer. Die enigste spesie wat ek nog nooit in Texas gesien het nie, is ’n rooihartebees.”
Hy het bygevoeg dat Texas ook oor moderne tegnologie beskik.
“As jou hond byvoorbeeld op die oomblik in Austin die einde van sy lewe nader, kan jy ’n velmonster laat neem en teen US$10 000 kry jy jou hond as ’n ses weke oue hondjie terug.”
Hy het gesê Texas het die genetika van ’n koedoebul met horings van 72 duim lank wat hulle tans besig is om te kloon.
“As dinge om een of ander rede in Namibië verkeerd loop en dit nie vir Texas-jagters aanloklik is om die spesie te kom jag om hul trofeekamers te vul nie, wag daar ’n alternatiewe mark vir hulle.”
Roberson het daarop gewys dat wat Namibië uniek maak, sy uitgestrekte landskappe van ongeëwenaarde natuurskoon is.
“Dis julle grootste bate. Julle moet dit so hou. Weerstaan die versoeking vir meer en meer hoë heinings. Laat wild toe om rond te beweeg.”
Hy het gesê in plaas daarvan om wild te omhein, skep die regte omgewing waar hulle veilig en nie bedreig sal voel nie.
Roberson meen met Donald Trump wat vir die volgende vier jaar die president van die Verenigde State van Amerika (VSA) gaan wees, kan Namibiërs op die kort termyn opwindende en uitdagende tye verwag.
“Toe ek Texas ’n paar jaar gelede verlaat het, het dit gegons van opgewondenheid. Almal is vol vertroue dat die ekonomie sterk sal terugbons.
“Vir Namibië beteken dit een ding: Amerikaners sal die geld hê om in Namibië te kom jag. Namibiërs, ek voorspel dat 2025 ’n goeie jaar vir julle gaan wees.”
Robertson het gesê hy hoop net dat die huidige droogte nie Namibië se wildbevolkings te drasties gaan raak nie.
“As ek dieper in my kristalbal kyk, sien ek groot uitdagings wat voorlê, nie net vir Namibië nie, maar vir Afrika as geheel,” het hy gesê en bygevoeg die grootste uitdaging is die feit dat Afrika se bevolking ontplof.
“Miskien sal dit Namibië nie te erg raak nie, maar dit sal wel Afrika se voorste jagbestemmings raak.”
Hy het gesê dat hierdie bevolkingsontploffing mettertyd selfs die vasteland se mees afgeleë bestemmings sal raak.
“Om sulke gebiede wild en ongerep te hou, gaan ’n groot uitdaging wees.”
OLIFANTBEVOLKING
Volgens Robertson is nog ’n bekommernis Suider-Afrika se massiewe oorbevolkingsprobleem van olifante en die omgewingskade wat hulle aanrig.
“Dat dit selfs toegelaat is om te gebeur, is ontstellend, wat vir my daarop dui dat die hedendaagse samelewing rigting verloor het. Meer ontstellend is dat hulle hul gesonde verstand verloor het.”
Hy het gesê iets moet reggestel word.
“Dis wanneer oningeligte openbare menings en emosies meer mag het as wetenskap en dekades se bewaringservaring.”
Hy het gesê namate die bevolking van mense en olifante groei, is dit onvermydelik dat daar ’n toename in mens-dier-konflik sal wees, “waar die regte van die diere nou blykbaar voorrang geniet bo menseregte, en daar geen oplossing vir hierdie probleem is nie”.
Volgens Robertson gaan die handhawing van genetiese diversiteit die volgende uitdaging wees.
“Om voortdurend die grootste en beste trofeë oor die lang termyn te skiet is nie volhoubaar nie."
Hy ondersteun Namibië se ouderdomsgebaseerde trofeestelsel ten volle.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie