Tinontginning óf renosterbewaring
’n Groep hoogs bedreigde swartrenosters word tot 6 Maart beskerm om vreedsaam deur die bewaringsgebiede – Sorris Sorris, Uibasen Twyfelfontein en Doro !Nawas – te loop.
Dan sal die hofgeskil voortgaan om te bepaal of mynbedrywighede in dié gebied mag voortgaan.
Die waarnemende regter van die hoërhof, Anne-Doris Hans-Kaumbi, het Dinsdag beveel dat die hofsaak oor beplande oopgroef-tinmyne in die gebied eers in Maart sal voortgaan.
Tot dan bly interdikte teen verdere ontwikkeling van enige nuwe mynbedrywighede in die gebied van krag.
Die drie bewaringsgebiede en Ultimate Safaris het verlede jaar die hofsaak teen die regering en die betrokke tinmynbouers aanhangig gemaak en die interdikte verkry.
“Die hersieningsaansoek is nou op die punt waar die aansoekers gewysigde kennisgewings en beëdigde verklarings teen 25 Februarie moet indien,” het Tristan Cowley, die besturende direkteur van Ultimate Safaris, gesê.
In dié hofaansoek hersien die hof die prosedure wat gevolg is met die uitreiking van die omgewingsklaringsertifikate en mynlisensies aan die onderskeie aspirant-tinmynontwikkelaars, Ottilie Ndimulunde en Timoteus Mashuna.
SEIBEB ONTEVREDE
Uibasen Twyfelfontein en Doro !Nawas geniet die ondersteuning van die ≠Aodoman Tradisionele Owerheid, maar onlangs het hoofman Zacharias Seibeb van die Daure Daman Tradisionele Owerheid, wat verantwoordelik is vir Sorris Sorris, sy ontevredenheid met die hofuitdaging uitgespreek.
Hy het by navraag uitgebrei dat nóg die betrokke mynboubeleggers nóg die toerismebeleggers hom genader het, ten spyte van sy versoek.
“Die gemeenskap moet voordeel trek uit natuurlike hulpbronne. Hierdie twee moet ’n manier vind om saam te bestaan,” het hy gesê.
Hy het verder beklemtoon dat hy bloot ’n bewaarder is en die ministeries verantwoordelik vir die omgewing en mynbou kan sertifikate en lisensies uitreik sonder sy toestemming.
Ultimate Safaris het Vrydag aan Seibeb geskryf en sy ontevredenheid uitgespreek oor ’n openbare brief wat Seibeb met die media gedeel het. Ultimate Safaris het dit as “kwaadwillig en irriterend” beskryf.
Ultimate Safaris meen die Daure Daman trek ook voordeel uit byna N$3 miljoen wat verlede jaar aan die betrokke tradisionele owerhede uitbetaal is en dat hofverrigtinge enige vergadering nutteloos maak.
RENOSTERS
Cowley het by navraag aan Republikein verduidelik hoekom die renosters nie saam met die mynbedrywighede sal kan bestaan nie.
“Dit is reeds wetenskaplik bewys deur ’n studie wat Save the Rhino vir die ministerie van die omgewing uitgevoer het.
“In ’n soortgelyke scenario in die Huab-bewaringsgebied is bewys dat die geraas en skietwerk by die oopgroef-kopermyn die woestynaangepaste renosters verdryf het.
“Die renosters se sig is swak en hulle maak staat op klank en reuk wat hulle baie skrikkerig maak. Hierdie is ’n baie sensitiewe gebied en sonder renosters sal daar ook geen toerisme wees nie.
“Dit is ’n groot risiko aangesien die renosters wat vlug, bewoonde kommunale gebiede sal binneval en konflik veroorsaak of na die woestyn sal ontsnap waar ’n gebrek aan water moontlik hul einde sal beteken.
“Al is hulle aangepas, is hul tuisgebiede waar daar natuurlike waterbronne is.”
Volgens hom is ’n groeiende bevolking van renosters wat volhoubare toerismebedrywighede moontlik maak, asook om plaaslike gemeenskappe in te sluit en te bevoordeel, op die spel.
HOFGESKIL
Hofverrigtinge op grond van die mynbedrywighede is sedert Augustus verlede jaar aan die gang en het begin met ’n dispuut oor toegangspaaie na die mynkleims binne die bewaringsgebied.
Voor die opskorting van mynbedrywighede in die gebied einde November, was 20 werknemers reeds ingespan met moontlike werksgeleenthede vir sowat 150 op die myn.
Internasionale tinpryse sal na verwagting styg en die gebruik van die bestaande verwerkingskapasiteit op Uis sou glo insetkoste aansienlik verlaag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie