Marius Ndjunge van Gondwana Collection Namibia is druk besig om die stalletjie by die Toerisme Ekspo 2022 reg vir besoekers te kry. Foto Tanja Bause
Marius Ndjunge van Gondwana Collection Namibia is druk besig om die stalletjie by die Toerisme Ekspo 2022 reg vir besoekers te kry. Foto Tanja Bause

Toerisme Ekspo bring mense bymekaar

Frank Steffen
Met meer as 100 stalletjies wat op hul beurt meer as 1 600 hotelle, lodges en ruskampe verteenwoordig en op die koop toe Fly Namibia wat besoekers toegang tot 100 bestemmings wêreldwyd bied, is die Toerisme Ekspo wat vandag by SKW in Olympia open, ’n absolute moet-besoek.

Dis nie net die gasvryheidsbedryf wat met spesiale aanbiedinge vir besoekers spog nie, maar danksy die reuse- finansiële ondersteuning van First National Bank (FNB) en Namibian Breweries Limited (NBL), kan ekspogangers ook kwalifiseer vir een van 250 koopbewyse, elk ter waarde van N$1 000, deur aan verskeie aktiwiteite by die ekspo deel te neem.

Me. Tracey Eagles, bemarkingsbestuurder van FNB Namibia en mnr. Marco Wenk, uitvoerende hoof van NBL, het vroeër hul tevredenheid uitgespreek dat die maatskappye deel kan wees van die toerisme-inisiatief en die Jan Publiek met die koopbewyse met ’n totale waarde van N$250 000.

Besoekers kry ook die geleentheid om meer as 30 soorte wyn, jenewer, whisky, vodka en vonkelwyn asook biere op die ekspo te proe, terwyl daar iets is om aan te smul by verskillende stalletjies wat meer as 100 verskillende geregte op hul spyskaarte het.

In pas met wêreldtendense om in die hier en die nou te bly, word alle ekspo-verwante gebeure elke uur op 16 Instagram-punte verbeeld.

Dit beteken besoekers het deurentyd die geleentheid om te sien wat gebeur waar en natuurlik waar hulle nog nie ’n draai gemaak het nie.

Nege bekende voertuighandelsmerke sal altesaam 33 voertuie gereed hê om te gaan loer vir ’n nuwe winskopie, terwyl vyf musikante en musiekgroepe daagliks laatmiddag en saans die voete gaan laat jeuk.

’n Hoogtepunt Saterdagoggend is wanneer besoekers met die oopmaak van die hekke verteenwoordigers van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) by die hooftent én moontlik ’n nuwe troeteldier ontmoet wat wag om uiteindelik ’n permanente en liefdevolle huis te vind.

Natuurlik is die kroning van die bruidspaar van die jaar nog ’n hoogtepunt, met die kroning wat regstreeks in die sosiale media of by die ekspo gevolg kan word.

Die hekke open vandag om 14:00, met die amptelike opening wat om 15:00 is. Die hekke sluit saans om 20:00, terwyl die ekspo self eers hul ligte om 22:00 afsit. Môre en Saterdag open die hekke om 10:00 en sluit weer om 20:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!