Toeriste wil in eie ‘borrel’ wees
Persoonlike aandag, eksklusiewe toere
Besoekers wil hul kontak met ander toeriste en personeel in die bedryf beperk.
Namibië is goed geplaas om voordeel te trek uit die internasionale neiging tot meer volhoubare en bewuste reiskeuses.
Onduidelikhede en teenstrydighede in die regering se strewe na projekte vir die ontginning van hulpbronne soos onder meer olie- en gaseksplorasie, terwyl Namibië terselfdertyd as 'n wêreldleier in omgewingsbewustheid en volhoubaarheid voorgehou word, kan egter die land se reputasie as ’n omgewingsbewuste paradys skade doen.
Volgens ’n opname deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en die Hanns Seidel-stigting wat fokus op die toerismebedryf, dui dit daarop dat ’n mooi prentjie geskets word, terwyl daar bewyse is dat wette vir die beskerming van die omgewing en met betrekking tot die eksplorasie en ontginning van hulpbronne, oortree word.
Die verslag verwys ook na die regering wat ná jare van ’n ekonomiese resessie gevolg deur die Covid-19-pandemie met ’n hoë skuldlas sit, wat min ruimte vir finansiële ondersteuning vir die bedryf en infrastruktuur laat. Die regering se swak kommunikasie oor die bestuur van Covid-19, regulasies en die tydige deel van die jongste inligting word ook uitgesonder, met ’n voorstel dat verteenwoordigers uit die private sektor ook deel van die regering se raadgewende rade is.
Volgens die jongste neigings sluit voorkeure klein toergroepe, die huur van ’n voertuig om self deur die land te toer, meer eksklusiwiteit en persoonlike dienste asook die digitalisering van sekere dienste in.
Volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het bogenoemde voorkeure al hoe gewilder onder internasionale toeriste sedert die aanvang van die pandemie geword. Pakkettoere met ’n groep van tot 30 mense saam in ’n bus is volgens haar al hoe minder ’n opsie vir besoekers.
Me. Nathaly Ahrens, voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa) sê op haar beurt in die verslag internasionale besoekers wil hul kontak met ander toeriste en personeel in die bedryf beperk en verkies om in hul eie “reisborrel” te wees.
Dié klem van toeriste op higiëne en gesondheid, beteken volgens die Namibië Toerismeraad (NTB) se uitvoerende hoof, mnr. Digu //Naobeb, plaaslike ondernemings moet hul gesondheids- en veiligheidsprotokolle opskerp om in pas met internasionale neigings te bly.
Volgens die verslag is daar ’n toenemende aanvraag vir persoonlike en eksklusiewe dienste en produkte, met toeriste wat ’n unieke toerervaring wil hê in pas met hul voorkeure en behoeftes.
//Naobeb het beklemtoon die toenemende digitalisering van die bedryf is ’n noodsaaklike komponent om die bedryf ’n hupstoot te gee.
Tasa en HAN is egter skepties hieroor en is dit eens dat ’n meer persoonlike hantering van besprekings teenoor ’n outomatiese aanlyn stelsel al hoe meer deur toeriste verkies word.
’n Neiging wat volgens die verslag duidelik deur die Covid-19-pandemie na vore gekom het, is die groeiende belangstelling onder reisigers vir natuurgebaseerde “buitemuurse” toere.
“Dit spreek tot die oplewing van ’n toenemend gesondheidsbewuste toeris wat verkies om in natuurgebaseerde reise te belê as om oorvol stede en binnenshuise besienswaardighede te besoek,” lui die verslag.
Reisigers is ook al hoe meer bereid om meer tyd en geld by een bestemming of toer te bestee. Beperkte internetverbindings kortwiek egter dié wat verkies om sake en ontspanning vir ’n sogenaamde “werksvakansie” te meng.
Die verslag maan die beskerming van die omgewing en inklusiewe, mens-georiënteerde toere wat verweef is met die welstand van plaaslike gemeenskappe, “is die beste en waarskynlik die enigste langtermynoplossing vir ’n volhoubare bedryf”.
Op ’n positiewe noot sê die verslag dié plaaslike ondernemings wat daarin kon slaag om tot op hede staande te bly, behoort nou in ’n goeie posisie te wees om voordeel te trek uit die geleidelike herstel van die bedryf. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie