KAART: Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskap (GFZ)
KAART: Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskap (GFZ)

Tot 16 naskokke ná aardskudding gevoel

Elvira Hattingh
Dit blyk dat gisteraand se matige aardbewing, wat 4,6 op die Richterskaal gemeet het en omstreeks 10:36 in die omgewing van Khorixas ontstaan het, nie ernstige skade aangerig het nie.

Tog beskryf talle dit as die “ergste skudding” wat hulle nog in Namibië gevoel het, met soveel as 16 naskokke.

Die Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskap (GFZ) dui op hul webwerf aan dat dit sowat 10 km onder die aardkors in die omgewing van Kaneb Pos, noord van Khorixas ontstaan het. Die GFZ word as een van die toonaangewende internasionale agentskappe beskou wat seismiese aktiwiteit wêreldwyd monitor.

Intussen het Facebook-gebruikers aangedui die aardbewing is wyd gevoel, tot so ver as teen die kus. Inwoners van Khorixas, Outjo, Otjiwarongo, Sesfontein, Brandberg, Hentiesbaai en Walvisbaai sê hulle het dit gevoel.

’n Inwoner van Outjo vertel op Facebook hulle het aanvanklik twee erge bewings gevoel en toe nog 16 verdere trillings elke halfuur daarna.

“Dis die meeste wat ons nog gehad het.”

Nog ’n inwoner van Khorixas sê hulle het aanvanklik ’n hewige skudding gevoel, gevolg deur trillings en ’n gerommel elke nou en dan.

“Ek het reeds ’n paar aardbewings in my lewe ervaar, maar niks soos hierdie nie. Ons moes dié keer naby aan die episentrum gewees het!”

Namibië se noordweste is bekend daarvoor dat dit soms ligte aardbewings ervaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!