Sossusvlei het twee aardbewings op een dag beleef. FOTO PIXABAY
Sossusvlei het twee aardbewings op een dag beleef. FOTO PIXABAY

Twee bewings skud Sossusvlei

Ontstaan vlak onder aardkors
Namibië het onlangs sy derde aardbewing in bietjie meer as 'n maand beleef.
Die ministerie van myne en energie het bevestig dat twee aardbewings, wat onderskeidelik 4,3 en 3,8 op die Richterskaal gemeet het, sowat 43 km suid van Sossusvlei in die vroeë oggendure op Saterdag 14 Maart voorgekom het.

Die eerste het omstreeks 05:59 voorgekom, gevolg deur ʼn tweede omstreeks 06:56. Die bewings is deur al tien die plaaslike seismiese stasies in die Namibiese Seismologiese Netwerk opgetel – naamlik in Windhoek en op Kamanjab, Opuwo, Karibib, Aus, Katima Mulilo, Rundu, Ariamsvlei, Tsumeb en Gobabis.

Dit is ook deur die streek- seismiese stasies in Suid-Afrika opgetel, het die ministerie se me. Mako Sitali in ‘n mediaverklaring laat weet.

Beide bewings het vlakker as 15 km onder die aardkors ontstaan.

Sitali het gesê indien mense ‘n aardbewing voel en hulle binnenshuis is, moet hulle eerste probeer om buite toe te gaan of andersins onder ‘n tafel weg te kruip.

“As jy buite is, vind ‘n oop ruimte waar daar nie geboue, bome of kraglyne is nie. Bly weg en kyk weg van vensters af en wees versigtig vir voorwerpe wat kan val,” het sy gewaarsku.

Dit volg ná ‘n aardbewing wat 5,2 op die Richterskaal gemeet het, so bietjie meer as ‘n maand gelede laataand op 12 April 24 km noordoos van Khorixas voorgekom het. Namibië se seismologiese netwerke het toe nog vier naskokke waargeneem wat tussen 3,7 en 2,2 op die Richterskaal gemeet het.

Aardbewings wat 5,0 en hoër op die Richterskaal meet, is gewoonlik duidelik voelbaar en dikwels sterk genoeg om motors tot koppies en borde te skud en kan selfs vensters breek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!