Twee nuwe sampioenspesies in Suider-Afrika ontdek

Psilocybe maluti in 2021 die eerste keer gevind
Navorsers van die Universiteit Stellenbosch en burgerlike mikoloë het die twee nuwe spesies as Psilocybe ingeli en Psilocybe maloti beskryf.
Twee nuwe psigotropiese sampioenspesies in die Psilocybe-genus uit Suider-Afrika, is onlangs beskryf. Dit bring die getal bekende spesies inheems tot Afrika op ses te staan.

Die Psilocybe-spesies is van die mees bekende en goed bestudeerde psigotropiese sampioenspesies waarvan ongeveer 140 spesies reeds beskryf is.

In ’n artikel wat vandeesweek in die vaktydskrif Mycologia gepubliseer is, het navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) en burgerlike mikoloë die twee nuwe spesies as Psilocybe ingeli en Psilocybe maloti beskryf.

Psilocybe ingeli is in 2023 in ’n weiveld in KwaZulu-Natal ontdek deur mnr. Talan Moult, ’n selfgeleerde burgerlike wetenskaplike. Psilocybe maluti is in 2021 vir die eerste keer op ’n Vrystaatse kleinhoewe deur me. Daniella Mulder gevind wat foto’s van die sampioene vir identifikasie gestuur het na een van Suid-Afrika se voorste burgerlike mikoloë, Andrew Killian.

In beide gevalle is hierdie ongewone sampioene hierná na mnr. Breyten van der Merwe en Prof. Karin Jacobs by die US se Departement Mikrobiologie gestuur vir DNS-opeenvolging en -analise. Van der Merwe, ’n voormalige mikrobiologie-student in die US se Fakulteit Natuurwetenskappe en tans nagraadse student in chemiese ingenieurswese, is ’n opgeleide mikoloog en eerste outeur van die artikel.

Die artikel bevat ook inligting oor die tradisionele gebruik van P. maluti deur tradisionele Basotho-genesers vanaf Lesotho. Volgens die navorsers blyk dit die eerste gedokumenteerde eerstehandse verslag van psigotropiese sampioengebruik deur tradisionele genesers in Afrika te wees.

Cullen Taylor Clark, ’n burgerlike mikoloog en mede-outeur, het met ’n Mosotho tradisionele geneser, Mamosebetsi Sethathi, gewerk om die gebruik van P. maluti (plaaslik bekend as koae-ea-lekhoaba) in tradisionele genesingspraktyke te dokumenteer. Dit vorm deel van ’n groter projek, wat deur Clark gelei word, om die gebruik van sampioene deur inheemse groepe in suider-Afrika te boekstaaf.

Van der Merwe sê daar is waarskynlik meer Suider-Afrikaanse spesies in hierdie genus, en dat meer burgerlike wetenskaplikes betrokke moet raak.

“Dis burgerlike wetenskaplikes wat hierdie twee spesies vir my gestuur het. Dit is onmoontlik vir ’n enkele navorser om ’n fraksie van die gebied waartoe hierdie sampioen-entoesiaste toegang het, te dek. Dit is die enigste manier waarop ons in staat sal wees om Afrika-mikologie verder te bestudeer.”

Jacobs stem hiermee saam: “Daar is slegs ’n handjievol mikoloë in Afrika wat plaaslike biodiversiteit dokumenteer. Gegewe die omvang van mikologiese diversiteit, bly dit ‘n uitdaging. Samewerking met burgerlike mikoloë is daarom baie voordelig. Behalwe vir meer materiaal om mee te werk, open sodanige samewerking ook geleenthede vir gesprekke en verdere ondersoek, wat alles bydra tot die dokumentering van mikofilie (’n voorliefde vir sampioene) op die Afrika vasteland.”

Bron: Universiteit Stellenbosch

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A