Ugab-olifanttrop verloor sy matriarg

Claudia Reiter
Dis met ’n swaar hart dat die olifantbewaringsorganisasie, Elephant Human Relations Aid (EHRA), onlangs die dood van die matriarg van die Ugab-olifante, Mathilda, aangekondig het.

Luidens die verklaring het natuurlike omstandighede tot haar dood gelei en sal haar trop nou ’n uitdagende oorgangsfase moet oorkom.

“Mathilda was ’n merkwaardige leier wat haar trop gelei het met ’n kalm, bestendige teenwoordigheid wat eenheid en veerkragtigheid in die moeilikste tye bevorder het. Dit kom nadat die trop se vorige matriarg, Mama Africa, in 2014 dood is en die trop daarna in twee opgedeel het.

“Aangesien dit nie duidelik was wie sou voortgaan om die trop te lei nie, het die trop opgedeel. Mathilda en The Duchess het elkeen hul deel van die trop gelei, soms bymekaar gekom, net om weer te skei. Dit het die leemte wat Mama Africa agtergelaat het beklemtoon en die belangrike rol van ’n matriarg weerspieël,” het EHRA gesê.

EHRA verduidelik verder dat die trop nou ’n moeilike oorgang in die gesig staar.

“In die olifantsamelewing laat die verlies van die matriarg ’n unieke leemte wat geduld en deursettingsvermoë sal verg terwyl die trop wag om te sien wie gaan oorneem. In die komende maande kan jonger olifantkoeie oorneem en geleidelik die vertroue van hul trop verdien.

“Dit is ’n proses wat nie oornag plaasvind nie – dis die stil toetse van geduld, veerkragtigheid en wysheid wat uiteindelik ’n nuwe matriarg sal oplewer.”

EHRA het ook aangekondig dat die EHRA Kalender 2025 nou beskikbaar is.

“Die kalender is ’n versameling van 12 unieke beelde van die woestynaangepaste olifante wat EHRA poog om te beskerm. Elke maand in die kalender vang die skoonheid, veerkragtigheid en gees van Namibië se natuurskoon vas.”

Elke aankoop ondersteun bewaringswerk en help EHRA om Mathilda se nalatenskap voort te sit deur haar trop en haar habitat te beskerm.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!