Veeartse nader Indiese hof oor jagluiperds
Katharina Moser – Vier Suid-Afrikaanse veeartsenykundiges het in ’n brief aan die hooggeregshof in Indië hul kommer uitgespreek oor die huidige bestuur van die hervestigingsprojek van luiperds na die Kuno Nasionale Park en beskuldig die projek se bestuurskomitee daarvan dat hulle kenners se menings ignoreer.
Dit nadat nog ’n jagluiperd van Suider-Afrika wat in die park hervestig is, gevrek het. Namibië en Suid-Afrika vorm deel van Project Cheetah.
Die wyfie, Dhatri, is reeds die negende jagluiperd van 20 uit Suid-Afrika en Namibië wat binne maande gevrek het.
Prof. Adrian Tordiffe, Vincent van der Merwe, dr. Andy Frazer en dr. Mike Toft wat deel van die projek is, sê in die brief: “Terwyl sommige vrektes tydens ’n projek van hierdie aard verwag kan word, glo ons dat sommige van die vrektes voorkom kon word met beter dieremonitering en meer toepaslike en tydige veeartsenykundige sorg.
“Die dood van twee jagluiperds weens velinfeksies wat deur hulle halsbande veroorsaak is, was onvoorsienbaar, maar kon baie vinniger gediagnoseer gewees het as die beeldmateriaal vroeër aan die veeartse voorgelê is. Dit sou die risiko vir die oorblywende diere tot die minimum beperk het.
“In plaas daarvan is ons grootliks uit die proses gelaat en moes ons vir inligting smeek om te verstaan wat gebeur het.”
Hoewel hulle as internasionale kenners op die projek se bestuurskomitee gelys is, is hulle glo nog nooit na enige van die vergaderings genooi of enigsins geraadpleeg nie.
“Dit lyk of ons net ’n ‘versiering’ vir die projek is.”
Tordiffe en sy kollegas sê ook: “Die huidige bestuur van die Kuno Nasionale Park het min of geen wetenskaplike opleiding nie en die meeste van die veeartse daar is te onervare om ’n projek van hierdie omvang te lei. Die meeste van die huidige lede van die bestuurskomitee is onbekend aan ons en blyk min belangstelling in ons menings te toon.”
Hulle vra nou die hof om te verseker dat die oorblywende jagluiperds en hul halsbande stiptelik deur ’n veeartsenykundige span ondersoek word en dat kommunikasiekanale oopgemaak word, asook hul insluiting op die bestuurskomitee en die aanstelling van ’n ervare karnivoorondersoeker.
Intussen het dr. Laurie Marker, die stigter en uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund (CCF) in Namibië, volgens Indian Express, ook ’n brief aan die hoërhof gestuur om soortgelyke kommer uit te spreek.
Op navraag van Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung het Tordiffe gesê die mees onlangse vrekte is waarskynlik weens ’n velinfeksie wat deur die halsband veroorsaak is – maar geen diagnostiese materiaal is nog van die Indiese owerhede ontvang nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie