Veldbrande verwoes meer as 920 000 hektaar
Die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme sê ’n brand buite die Etosha Nasionale Park is geblus en tans word gefokus op een wat in Hobatere woed. Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het 920 944 hektaar vanaf April tot 15 September vanjaar in die land afgebrand.
Veldbrande is in nege streke van die land aangeteken, met meer as 475 000 hektaar wat in Kavango-Oos afgebrand het. Volgens Muyunda het die ministerie tot op hede 328 km skoongeskraap as ‘brandstoppers’ in ’n poging om veldbrande te probeer hokslaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie