Verstommende geologiese ontdekking in die Namib
Onbekende mikro-organismes gebruik marmer as habitat
Die geoloog, prof. Cees Passchier, werk onder meer al 25 jaar in Namibië en het ongewone strukture van onbekende oorsprong in rotse van woestyngebiede gevind.
Navorsingswerk het ongewone strukture in die Namibwoestyn aan die lig gebring wat waarskynlik te wyte is aan die aktiwiteit van ’n onbekende mikrobiologiese lewensvorm.
Ongewone klein tonnels, dit wil sê klein buise wat parallel gerangskik deur die rots van bo na onder loop, is in marmer en kalksteen van die woestyngebiede van Namibië, Oman en Saoedi-Arabië ontdek.
“Ons was verbaas omdat hierdie buise duidelik nie die resultaat van ’n geologiese proses is nie,” sê geoloog, prof. Cees Passchier van die Johannes Gutenberg Universiteit (JGU) in Mainz, Duitsland, wat die eerste keer op die verskynsel afgekom het tydens geologiese veldwerk in Namibië.
Hy het aan Network Media Hub (NMH) gesê hy doen al meer as 23 jaar geologiese werk in Namibië. Sy navorsing fokus op die geologiese rekonstruksie van Prekambriese terreine.
Passchier se artikel is onlangs in die Geomicrobiology Journal gepubliseer.
Tydens daaropvolgende monsterondersoeke is bewyse van biologiese materiaal gevind. Klaarblyklik het mikro-organismes die rots geperforeer.
“Ons weet tans nie of dit ’n lewensvorm is wat uitgesterf het of iewers nog lewend is nie,” het Passchier bygevoeg.
“Ons kyk na die struktuur van die rotse om uit te vind hoe vastelande saamgekom het om die super-vasteland Gondwana 500 tot 600 miljoen jaar gelede te vorm,” het Passchier verduidelik.
Destyds het karbonaatafsettings in die ou oseane gevorm en weens druk en hitte in marmer verander. “Ons het vreemde strukture in hierdie marmer opgemerk wat nie die gevolg van ’n geologiese proses was nie.”
In plaas van gladde erosie-oppervlaktes, kon buise gesien word wat ongeveer ’n halwe millimeter breed en tot drie sentimeter lank was, parallel aan mekaar in lyn gebring en lae van tot tien meter lank vorm. Sommige kalkkorse het aan die rande gevorm.
Die eerste waarnemings van hierdie soort strukture in die Namibwoestyn is 15 jaar gelede gemaak. Intussen het Passchier saam met kollegas van die Instituut vir Geowetenskappe aan die Universiteit van Mainz, en dr. Trudy Wassenaar, hoof van die konsultasiemaatskappy Molecular Microbiology and Genomics Consultants, voortgegaan om die verskynsel te ondersoek.
RAAISEL
“Ons dink dat dit ’n mikro-organisme moes gewees het wat hierdie buise gevorm het.”
Die buise was nie leeg nie, maar was met ’n fyn poeier van skoon kalsiumkarbonaat gevul. Daar word aanvaar dat mikro-organismes moontlik die tonnels geboor het om voedingstowwe te gebruik wat in die kalsiumkarbonaat, die hoofkomponent van marmer, voorkom. Die fyn poeier het agtergebly.
Passchier het ook baie soortgelyke strukture gevind tydens veldwerk in Oman en in Saoedi-Arabië – in Oman in kalksteen, terwyl dit in die Saoedi-Arabiese woestyn in marmer was.
“Dit is in elk geval ou strukture, miskien een of twee miljoen jaar oud,” het Passchier gesê.
“Ons neem aan dat hulle in ’n effens meer vogtige klimaat gevorm is, nie in die droë woestynklimaat wat vandag heers nie.”
Die organisme wat hierdie strukture veroorsaak het, bly egter ’n raaisel.
Mikro-organismes soos bakterieë, swamme of ligene word selfs in onherbergsame of afgeleë uithoeke van die aarde aangetref. Sogenaamde endolitiese mikro-organismes is nie ongewoon in woestyngebiede nie, aangesien hulle hul energie en voedingstowwe kan verkry uit die rotse waarin hulle woon.
“Wat so opwindend van ons ontdekking is, is dat ons nie weet watter endolitiese mikro-organisme dit is nie. Is dit ’n bekende vorm van lewe of ’n heeltemal onbekende organisme?”
Volgens Passchier moet dit ’n organisme wees wat sonder lig kan oorleef omdat die buise diep binne die rots gevorm het. Die navorsers het biologiese materiaal gevind, maar geen DNS of proteïene wat verdere insigte kan verskaf nie.
Passchier hoop dat spesialiste oor endolitiese organismes in die toekoms na hierdie verskynsel sal kyk.
“Hierdie vorm van lewe, waarvan ons nie weet of dit nog bestaan nie, kan belangrik wees vir die globale koolstofsiklus. Dit is dus noodsaaklik dat die wetenskaplike gemeenskap daarvan bewus word.”
Die vrystelling van koolstof deur die biologiese aktiwiteit van mikro-organismes kan ook ’n groot rol in die aarde se koolstofdioksied-balans speel.
* Cees Passchier was ’n professor in tektonofisika en struktuurgeologie aan die Instituut vir Geowetenskappe van die Johannes Gutenberg Universiteit in Mainz vanaf 1993 tot 2019. Hy is sedert 2019 senior navorsingsprofessor in geo-argeologie by JGU. Die huidige navorsingsartikel “Subfossil Fracture-Related Euendolithic Micro-burrows in Marble and Limestone” is in die Geomicrobiology Journal gepubliseer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie