Verswakking van AMOC veroorsaak klimaatrisiko
Beïnvloed weerstelsels wêreldwyd
Sedert die 90's is daar reeds aanduidings dat veral twee faktore die AMOC in gedrang plaas; stygende temperature in die verre Noorde en gesmelte ys in die Arktiese gebied, volgens 'n artikel.
Die redakteur vir aanlyn inhoud vir die platform Scinexx.de, Nadja Podbregar, het onlangs die vraag, Draai die Noord-Atlantiese Storm?, in ’n artikel gestel.
Hierdie vraag en wat daarmee gepaard gaan, is niks nuuts nie. Podbregar deel kommer oor die afgeleë dele van Europa wat warmer word en “’n beduidende rol in die aarde se klimaatstelsel speel”.
In die Scinexx-artikel oor die strome in die Atlantiese Oseaan wat water van die noorde van die aarde na die suide van die aarde en dan weer noordwaarts (ook bekend as AMOC) neem, kom Podbregar tot die gevolgtrekking wat verskeie navorsers reeds bereik het – dat hierdie seestrome verswak.
Die see se “sirkulasiepomp” voor Groenland is besig om stadiger te word en kan selfs heeltemal stop. AMOC is een van die grootste sirkulasiestelsels in die oseane ter wêreld.
Oseaanstrome soos die AMOC word oor die algemeen deur verskille in wisselende digtheid van die seewater aangedryf. Podbregar skryf dat klimaatsverandering en gesmelte ys druk op die AMOC-stelsel plaas.
BELANGRIK VIR DIE AARDE
Die Leibnitz-vereniging het reeds in 2021 op sy aanlyn platform gestel dat AMOC een van die belangrike sirkulasiestelsels op aarde is en van belang is vir die matige temperature in Europa.
Die ineenstorting van AMOC sal ernstige nagevolge hê, sê die vereniging met die ondersteuning van bevindinge deur die Potsdam-instituut vir klimaatsnavorsing.
“AMOC neem warm watermassas van die seeoppervlak van die trope na die Noorde en koue water van die seebodem na die Suide, wat breër nagevolge vir die matige temperature in Europa het.“
Boonop beïnvloed dit weerstelsels wêreldwyd. Die moontlike ineenstorting van seestroomstelsels kan ernstige gevolge hê,” sê die artikel, wat gebaseer is op navorsing deur prof. dr. Niklas Boers.
Boers van die Potsdam-instituut sowel as die Vrije Universiteit van Berlyn en die Exeter-universiteit in Engeland, sê AMOC is een van die belangrikste sirkulasiestelsels op die planeet.
“Ons weet reeds uit ’n rekenaarsimulasie en van data uit die aarde se geskiedenis dat die AMOC onder die huidige sterk toestand ook ’n wesenlike swakker toestand kan aanneem. Dit beteken dat ’n skielike oorgang tussen die sirkulasiemodusse moontlik is.”
‘VINGERAFDRUKKE’
In die artikel word dit duidelik dat daar nog geen langtermynnavorsing gedoen is oor hoe sterk die AMOC is nie, maar dat dit sogenaamde “vingerafdrukke” in die temperatuur en patrone van soutinhoud op die oppervlak van die Atlantiese Oseaan agterlaat.
Boers sê: “’n Gedetailleerde ontleding van hierdie vingerafdrukke in agt onafhanklike indekse dui daarop dat die verswakking van die AMOC oor die afgelope eeu waarskynlik tot ’n verlies aan stabiliteit gelei het.”
Hy meen dat die resultate die aanname ondersteun dat die verswakking van die AMOC nie net ’n verandering of ’n lineêre reaksie op stygende temperature is nie, maar waarskynlik die nadering tot ’n kritieke drempel aandui. Hy vrees die ineenstorting van die sirkulasiestelsels.
HOËR TEMPERATURE
Volgens Podbregar is daar sedert die 90’s aanduidings dat veral twee faktore die AMOC in gedrang plaas; stygende temperature in die verre Noorde en gesmelte ys in die Arktiese gebied.
“As dit warmer word in die Arktiese gebied, sal die gletsers in Groenland en Noord-Amerika vinniger smelt en meer vars water meebring.
“Dié vars water vloei dan in die see in en lê daar weens die feit dat die digtheid daarvan laer is as die warmer, sout seewater wat saam met die stroom kom.
“Dit skep ’n stabiele versperring wat die afkoeling van die oppervlakwater belemmer, wat beteken dat die water nie meer kan sink nie en dus kan die AMOC tot stilstand kom.
Boorontledings vanaf die sedimentêre bodem van die Noord-Atlantiese Oseaan sou hierdie verskynsel voor vorige ystydperke bevestig.
“In verskeie warm interglasiale tydperke het die pompprestasie van die AMOC aansienlik afgeneem en tussenin byna heeltemal gestop.”
Volgens ’n artikel deur dr. Killian Loesch op die aanlyn platform utopia.de is daar ’n tussentydse model onder leiding van die klimaatwetenskaplike dr. René M. van Westen wat met ’n superrekenaar tot die gevolgtrekking gekom het dat die AMOC kan kantel.
TWEEDE FAKTOR
Volgens die Scinexx-verslag plaas die gesmelte ys ook die AMOC in gevaar, volgens die bevindinge van prof. Kent Moore en sy kollegas in 2015.
Klimaatsverandering veroorsaak egter dat hierdie belangrike Arktiese see-ys verdwyn, die ys wat ná die Poolse somer oorbly, word kleiner en moet selfs in die winter regenereer.
Dit het gevolge vir die sensitiewe balans van die sirkulasiepomp: Sedert 1979 het die hitte-uitruiling tussen die Arktiese Oseaan en die atmosfeer met sowat 20% afgeneem. Gevolglik koel die warm seewater nie meer soveel af nie en sak stadiger in die dieptes in – dus verswak die AMOC.
WAARSKUWINGS
In die artikel “Gly verby die ystydperk” deur Michael Odenwald in die tydskrif Focus op 13 November 2013, het hy die dringende maatreëls bespreek wat noodsaaklik is om ’n ystydperk as gevolg van klimaatsverandering te voorkom.
“Anders,” sê geochemikus Wallace Broecker van die Columbia-universiteit in die VSA, “dreig aardverwarming om nog ’n ystydperk te veroorsaak.”
Odenwald het in 2013 geskryf: “Teen die einde van die laaste ystydperk 13 000 jaar gelede het die aarde se as in die rigting van die son gekantel. Die Arktiese gebied het warm geword en gesmelte water het uiteindelik sirkulasie in die Atlantiese Oseaan tot stilstand gebring. Net so kan die kweekhuiseffek die vervoerband stop.”
Hy het Stefan Rahmstorf, ’n professor in oseaanfisika aan die Universiteit van Potsdam en oseanograaf by die Potsdam-instituut aangehaal: “Ons simulasie toon dat die Noord-Atlantiese Stroom oor die volgende 50 jaar tussen 20% en 50% sal verswak.”
Sedert 8 000 jaar is die Noord-Atlantiese Stroom stabiel teen steurings, maar met die verswakking kan dit meer vatbaar wees.
Volgens Rahmstorf kan “in uiterste gevalle die voorkoms van ’n varswaterborrel die sirkulasie heeltemal ontwrig. Hierdie lei tot die afkoeling van drie, en later selfs ses, grade wat in sekere streke gelykstaande aan ’n ystydperk kan wees”.
Gevolglik kan die klimaat aansienlik afkoel, veral in die noordweste van Europa. Hierdie verkoeling sou die klimaat in Europa en die klimaatstelsel wêreldwyd fundamenteel verander.
Die see kan in die winter tot op die hoogtes van Suid-Engeland vries. Dit sal steeds warmer word as gevolg van antropogeniese klimaatsverandering.
Die toenemende temperatuurverskil is feitlik gewaarborg vir die voorkoms ??van uiterste weerstoestande. Tradisionele landbou is hiér nie lewensvatbaar nie.
“Ook in ander dele van die wêreld sal baie verander. Die seevlakke van Amerika kan aansienlik styg en tropiese neerslag (precipitation)-gebiede kan verskuif. Droogte en oorstromings sal volg.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie