Vier vermiste stappers veilig
Die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder vir die //Kharasstreek, komm. David Indongo, het bevestig die laaste vier stappers wat aanvanklik in die Visrivier-canyon vermis was, is intussen gevind. Al vier is Suid-Afrikaners.Volgens Indongo het twee van die vier glo gesê "hulle voel nie lekker nie". Ses stappers wat ook eers as vermis aangeteken is, was volgens Indongo ook Suid-Afrikaners en is intussen in Kaapstad opgespoor, nadat hulle glo nie by die Ai-Ais-ontspanningsoord aangemeld het, nadat hulle die staproete voltooi het nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie