Visbevolkings in Noordelike riviere aan't herstel
Indringerspesies ’n bedreiging vir vaswatervisse
Die gemeenskappe langs die riviere in die Noorde raak al meer betrokke by die beskerming van die land se endemiese bedreigde visspesies.
Namibië het drie endemiese visspesies wat krities bedreig word. Dit weens hulle klein bevolkingsgrootte en die klein gebied waarin hulle voorkom.
Volgens Clinton Hay, ’n senior dosent in omgewingswetenskap aan die Universiteit van Namibië (Unam), is die blinde grotbaber (Clarias cavernicola) die mees bedreigde spesie.
“Die klein baber kom in een grot in die noorde van Namibië voor. Dit is die enigste plek in die wêreld waar hierdie vis voorkom. Die totale bevolking van babers in die grot is waarskynlik minder as 200, wat die minimum lewensvatbare bevolkingsgetal is wat nodig is vir enige spesie om oor ‘n langer tydperk te oorleef. Dit maak die blinde grotbaber een van die skaarsste varswatervisspesies ter wêreld,” het hy gesê.
Die visse het geen oë of pigment nie, hoewel hulle velle ‘n pienk-goud kleur voorkom.
“Hulle is in die grot wat sowat 90 meter diep en donker is. Hulle het dus nie oë of pigment nodig nie. Hulle is waarskynlik miljoene jare gelede in die grot afgesonder. Die baber vreet vlermuismis wat van die grot se dak af in die water val. Wel, hulle vreet alles wat in die water val. Die kos is nie baie voedsaam nie en dus moet hulle energie bespaar. Dit is nie nodig om oë of kleur te hê wat geen doel het nie en in ieder geval net energie sal verbruik.”
Die grotbaber blyk nou verwant te wees aan die slangkop-baber wat in die Kunene-, Kavango- en Zambezirivier voorkom.
“Ons het ook ‘n isopode (‘n garnaalagtige organisme) wat ook endemies aan hierdie grot is en ook sonder oë of kleur is, gevind. Gelukkig is die grot op ‘n private plaas en die eienaar glo dat hy op die aarde is om dié baber te beskerm.”
Die grootste bedreiging vir die baber is die afname in die watertafel, klimaatsverandering en mense wat water uit die Karstland-akwifer onttrek.
Volgende op die lys van krities bedreigde endemiese visse is die Otjikoto-kurper (Tilapia guinasana) wat hoofsaaklik in die Guinasmeer naby Tsumeb voorkom. Die Guinasmeer was oorspronklik ‘n grot en nadat die dak ingeval het, het die meer ontstaan. Die visse wat natuurlik net in die Guinasmeer voorgekom het, is mettertyd in die Otjikotomeer en ander plaasdamme hervestig.
“Die visse kom in vyf verskillende kleure voor - baie min spesies in die natuur het so baie verskillende kleure. Gewoonlik is hulle donker omdat die ligte kleure uitstaan en gevaarlik is wanneer daar roofvisse in die omtrek is. In die meer is daar geen roofvisse nie.”
Die Caprivi-kuilvissie (Nothobranchius capriviensis) wat in die vloedvlaktes in die Zambezistreek voorkom, is derde op die lys.
“Die visse kom slegs in die reënpoele voor en is die enigste varswatervis in Namibië wat uitdroging kan oorleef. Die eiers lê in die modder tot dit reën en die poel vol water word. Sodra dit gebeur, broei die eiers uit. Dit vissies groei en is binne ’n paar weke volwasse, wanneer hulle weer paar en eiers in die modder lê. Olifante en buffels en ander diere loop deur die modder en dra die eiers van die een poel na die ander. Die visse is soortgelyk aan kuilvissies in Zambië en die Weskus van Afrika, maar die Namibiese een kry jy slegs in die vloedvlaktes van die Zambezistreek.”
RIVIERE
Unam , die ministerie van visserye en mariene hulpbronne en die Namibian Nature Foundation werk nou saam om die vishulpbronne in die Kavango-, Zambezi-, Chobe- en Kwandoriviere te bewaar en te beskerm - met die hulp van die gemeenskappe wat langs die riviere woon.
“Die mense wat langs die riviere woon is afhanklik van die visse as ‘n belangrike bron van proteïen. As die visse uit die rivier verdwyn, gaan die mense honger ly. Ons bemagtig die gemeenskap om hulle eie hulpbronne te bestuur. Ons het beskermingsgebiede vir visse soortgelyk aan wildparke geskep. Ons het tans sowat 2 500 hektaar wat beskerm word met ‘n verwagte 45 000 hektaar in die nabye toekoms,” het Hay gesê.
Volgens hom was dit ‘n baie lang pad van sowat 15 jaar om die gemeenskappe aan boord te kry, maar tans kom al meer gemeenskappe na vore en vra vir hulp en raad omdat hulle die ander se sukses in dié verband sien.
“Dit is belangrik dat die gemeenskap eienaarskap van die beskermde gebied vat. Hulle bly daar en kan vir jou presies sê wie vang waar onwettig. Die regering kan nie die gebied patrolleer nie en mense verdwyn vinnig in die wye vloedvlaktes. Die gemeenskap patrolleer, bestuur en monitor self hulle gebied.”
Volgens Hay beteken dit nie mense mag nie in die beskermde gebiede visvang nie. Dit beteken slegs dat die gemeenskap beheer en besluit hoeveel vis gevang mag word en wie mag visvang.
“Hulle bepaal self die reëls, solank dit binne die raamwerk van hierdie land se visserywet is. Hulle baat nog steeds by die vis en ons wil hê hulle moet dit gebruik. Ons gee die mag terug aan die mense en ons is besig om suksesverhale en positiewe resultate te sien. Ons sien nou dat die vis in die beskermde gebiede tot vyf keer meer en groter is as in die ander gebiede. Daar is ook ‘n hoër aantal verskillende spesies in dié gebiede. Soveel so dat Angola, Botswana en Zambië nou ook begin belangstel in oorgrens-samewerking aan ‘n visserybestuursplan. Die gemeenskappe ken mekaar ook oor die grense heen en hulle het besef daar is ‘n probleem en dat almal moet saamwerk om dit op te los ten gunste van al die mense wat langs die rivier woon en die vis as proteïenbron gebruik.”
BEDREIGING
Volgens Hay is uitheemse spesies op die oomblik die grootse bedreiging vir Namibiese varswatervisspesies in die riviere.
“Daar is tans ‘n Nylkurper (Oreochromis niloticus) wat vanaf Noord-Afrika afkomstig is. Dit word vir akwakultuur gebruik omdat dit baie vinnig groei. Om dié rede is die vis oor die hele wêreld versprei. Hierdie visspesie is baie aggressief en hulle dra siektes waaraan hulle reeds gewoond is, maar nie ons inheemse visse nie. Hulle paar met ons inheemse spesies en sommige van ons spesies sal gevolglik uitgewis word. Deur die verbastering verdun jy die genepoel, wat beteken jy het ‘n baie swakker spesie. ‘n Paar jaar terug het ‘n swam wat deur ‘n uitheemse vis ingebring is, ‘n groot impak op visserye gehad. Die visse het sere oor hulle hele liggame gekry en die ministerie het mense verbied om die vis te vang.”
Nog ‘n indringer wat op die oomblik groot probleme in riviere in Suider-Afrika veroorsaak, is die Australiese rooiklou- of varswaterkreef (Cherax quadricarinatus).
“Die kreef vreet onder andere dooie en verrottende materiale. Die visser plaas sy net in die water en die visse word daarin gevang, dan kom die kreef en begin om die visse te vreet. Wanneer die visserman sy nette uithaal, het hy ‘n klomp visse wat half opgevreet is. Dit is ‘n baie groot probleem en daar is nie veel wat ons kan doen nie omdat die riviere oor grense na ons toe kom en die kreef vanuit ander lande en visplase na ons toe gespoel word.”
Volgens Hay is klimaatsverandering ook ‘n probleem omdat die riviere wat jaarliks in vloed is, die visproduksie bevorder.
“Dit is krities omdat alles in die rivier afhanklik is daarvan, maar met klimaatsverandering is die voorspelling dat dit minder sal loop en minder vloedwater beteken minder produksie. Aan die ander kant is ons gelukkig dat die Zambezistereek te plat is om damme te bou. Daar is nie groot nywerhede langs die rivier wat die water kan besmet nie. Die grootste gevaar op die oomblik is groenskemas wat kunsmis gebruik wat in die rivier beland. Besoedeling van die rivier en om die natuurlike vloei van die rivier te verander, is permanente probleme. Oorbevissing is niks nie ons kan dit regstel deur die bewaarde gebiede en die betrokkenheid van die gemeenskappe.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie