Voortrekker herleef in kunswerk
’n Kunswerk van Voortrekker die woestynaangepaste olifant wat ’n trofeejagter in Junie 2019 vir N$120 000 by Omatjete doodgeskiet het, pronk nou lewensgroot by die Brandberg Rest Camp op Uis.
Basil Calitz van die Brandberg Rest Camp het in die sosiale media gesê: “Hulde aan ’n patriarg wat sy trop die woestyn ingelei het, weg van mense. Ongelukkig het jagters hom as ’n prys gesien as gevolg van sy reuse statuur. Vir ’n onbekende fooi is hy verraai en valslik as ’n probleemdier verklaar en geskiet.
“Mense sê nog elke dag die naam Ou Voortrekker met liefde, en ek is verbaas hoe geliefd hy is, hoe emosioneel mense op selfs hierdie kunswerk reageer. Weg maar nie vergete nie – die legende het nou sy plek by die Brandberg Rest Camp op Uis – sy voormalige tuiste ingeneem.”
Die skepper van die kunswerk is die Suid-Afrikaanse kunstenaar Catharina Scheepers, ’n ou bekende in Uis en omgewing.
“Ek ken al baie lank vir Catharina en ons het een aand gesit en gesels. Ek het ses nuwe kamers by die ruskamp aangebou en wou die groot muur verfraai. Ons het besluit dat Voortrekker op die muur moet kom. Ek het ’n foto gekry en sy het hom volgens sy regte grootte geskep.”
Voortrekker het in die laat 90’s ná sowat 60 jaar se afwesigheid van olifante in die Ugabrivier-gebied sy verskyning gemaak. Hy het die olifantkoei, Mama Afrika, se trop in 1998 na die gebied teruggelei. Die omgewingsministerie het Voortrekker in 2019 as ’n probleemdier verklaar en ’n permit uitgereik om hom te skiet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie