Walvis uit nette gered
’n Boggelrugwalvis wat in oestervangnette verstrengel was, is gisteroggend naby Walvisbaai gered.
Dit het glo ’n uur geneem om die walvis omstreeks 09:00 uit die nette te bevry.
Raymond Muller van die Namibië Marshall Rangers en Andries Brummer van Ocean Conservation Namibia was op ’n bootrit toe hulle hulp gevra is om die walvis te red.
Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers vra dat mense aan boord van skepe nie visnette oorboord moet gooi nie en dat hengelaars nie hul vislyne en nette in die see moet gooi nie.
"Ons werk voortdurend met seelewe en visse wat in vislyne, nette en toue verstrengel is. Dit is baie erg, ons moet baie opruimwerk doen," het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie