Wanneer olifante vir jou fluister
Henriette Lamprecht – ’n Jarelange en ervare toergids het ’n baie spesiale en unieke ervaring met ’n trop olifante in die Ugabrivier gehad wat sy voertuig rustig genader het en doodluiters sommer van baie naby af kom kennis maak het.
Marcel Meiers, wat sy voertuig afgeskakel het en erken dit was ’n “baie spanningsvolle oomblik”, sê omdraaikans was daar nie, omdat ’n moerasgebied agter hulle gelê het.
Die nadere kennismaking was tydens ’n vakansie van drie weke waartydens Marcel onder meer “ver in die Ugab(rivier) afgery het” en die trop olifante teëgekom het wat gereeld op en af in die rivier beweeg.
“Ek het nog nooit so ver af gery nie. Ons het net uit die moerasgedeelte en op ’n droë stuk grond gekom. Ek het voorheen al die twee ou olifantbulle in die rivier teëgekom, maar dan beweeg jy net aan.”
Volgens Marcel kon hy agterkom uit die olifantkoei se optrede en die manier waarop sy geloop het, dat sy rustig en ontspanne was.
“Sy was super ‘chilled’ asof sy net wou kom groet.”
Onder die trop olifante was ook drie olifantkoeie wat ’n kalfie beskerm het.
“Hulle (trop) is dikwels by die White Lady Lodge en beweeg gedurig in die rivier op en af, hulle is gewoond aan mense en baie ontspanne.”
Die “ontmoeting” het sowat 20 minute geduur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie