Waterkrisis frustreer Aus-gemeenskap
Internasionale organisasie bied hulp aan
Gesprekke met 'n internasionale vennoot, Life Needs Water, sal glo volgende maand begin om waterkwessies op Aus op te los.
Elizabeth Joseph – Die ||Kharasstreek en die ǃNamiǂNûs-kiesafdeling het onlangs hul frustrasies oor die waterkrisis op Aus uitgespreek.
Volgens raadslid, Suzan Ndjaleka, is die watertekort lank reeds ’n probleem en het dit die afgelope paar jaar vererger.
Volgens Ndjaleka het die dorp en die kiesafdeling die dringende implementering van ’n wateraanvraag- en bestuursplan versoek wat waterverliese sal bepaal, die lesing van waterverbruik sal balanseer en NamWater-rekeninge opdateer.
Die raad het gedurende September verlede jaar verskeie vergaderings met NamWater belê oor moontlike pypinstallasies by Aus en het sedertdien wykskomitees gestig met die hoop om terugvoering van die gemeenskap te kry.
“Een boorgat is op Aus geboor as deel van die eerste minister se droogtehulpprogram. Die installasie moet deur NamWater gedoen word en die proses is aan die gang, maar dit sloer as gevolg van NamPower se installasie van kraglyne.”
Daarbenewens voeg die raad by “is daar ’n aansienlike aantal boorgate wat opgedroog het en om hierdie rede is ons hoopvol en sien ons daarna uit om weer in Februarie vanjaar met ’n internasionale vennoot te vergader met die doel vir meer samewerking.”
HULP KOM IN FEBRUARIE
Volgens Ndjaleka sal daar in Februarie stappe gedoen word om die probleem te takel.
’n Duitse eweknie, Life Needs Water (LNW), sal die internasionale vennoot wees wat by verskeie belanghebbendes in die streek sal aansluit.
Die organisasie het in ’n brief verduidelik dat ingesamelde data toon dat daar twee waterstrome met ’n gietkapasiteit van 1 liter per sekonde in Aus is, wat ’n goeie beginpunt is.
“’n Waterkenner sal ons op ons beplande besoek vanaf 6 tot 10 Februarie vergesel, wat die situasie sal bepaal en saam sal ons ’n waterplan opstel. Aus het putte wat met die installering van sonkragpompe heraktiveer kan word.”
“Dit is voldoende om die gemeenskap en maatskappye in die omgewing van watertoevoer te verseker,” voeg die organisasie by.
LNW sê sy lede sal die werk gedurende Februarie aanpak, maar die organisasie benodig glo toestemming van die munisipaliteit om die twee aktiewe putte te herstel, asook bykomende goedkeuring om weer in Aus te boor voordat werk in die dorp kan begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie