Waterpunte bestand teen olifante gemaak

Tanja Bause
Die Elephant Human Relations Aid (EHRA) het in 2003 met olifantbewaring in die Kunenestreek begin.

Hul langtermyndoel is om volhoubare oplossings vir die toenemende mens-olifant-konflik te vind, om te verseker dat bestaansboere, gemeenskappe en die woestynaangepaste olifante vreedsaam saam kan leef.

Sedert 2003 het oor die 3 500 EHRA-vrywilligers 272 mure rondom waterpunte gebou. Die waterpunte is op plase oraloor die noordelike Erongo en suidelike Kunenestreek geleë.

Die mure – wat van klippe uit die omgewing gebou word – beskerm nie net die waterpunte nie, maar ook watertenks, pompe en sonpanele.

Volgens me. Rachel Harris, EHRA se besturende direkteur, bied die organisasie praktiese oplossings vir konflikgeteisterde gebiede om die bewaring van Namibië se woestynaangepaste olifante en die opheffing van die plaaslike gemeenskap te bevorder.

“EHRA ondersteun plaaslike gemeenskappe deur brose waterinfrastruktuur teen olifantskade te beskerm. Dit deur die bou van mure wat olifante toelaat om water te drink, maar toegang tot windpompe, tenks of pompe verhoed. Dié beskermende mure word gebou met die hulp van vrywilligers wat aan ons ‘Elephant Wildlife Volunteer Project’ deelneem en mense uit die gemeenskap. Die mure word gebou met die doel om ’n positiewe verhouding tussen olifante en mense in Namibië te help bevorder. Die gemeenskappe wat dié mure ontvang, is baie dankbaar, want dit is ’n onmiddellike oplossing vir die bestaande konflik en laat mense, vee en olifante toe om waterpunte te deel.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!