Moenie Saterdag se pretdag ten bate van ietermagôbeskerming misloop nie! Foto Pixabay
Moenie Saterdag se pretdag ten bate van ietermagôbeskerming misloop nie! Foto Pixabay

Wêrelddag vir Ietermagôs Saterdag gevier

Yolanda Nel
Ietermagôs is al vir 'n aantal jare die mees verhandelde soogdier ter wêreld, met pogings om hulle te beskerm wat agterweë bly.

Volgens Kelsey Prediger van die Ietermagô-bewaring-en-navorsingstigting in Namibië, is uitsterwing ’n ernstige bedreiging vir hierdie diere en is hulle op dieselfde klassifikasievlak as olifante en renosters.

“Hulle word toenemend vir hul skubbe gesmokkel en dikwels lewend op beslag gelê,” het sy gesê.

Sy verduidelik die skubbe word in tradisionele Chinese medisyne gebruik, hoewel geen wetenskaplike bewyse die bewerings ondersteun dat dit medisinale eienskappe het nie.

"In Asië word hul vleis as 'n delikatesse verkoop en moet dit lewend aan tafel bedien word," het sy gesê en bygevoeg dat die Asiatiese markte die toename in handel aandryf.

Wêrelddag vir Ietermagôs is vir die eerste keer in 2012 tot stand gebring en op die derde Saterdag in Februarie gevier. As deel van die plaaslike bewusmakingsinisiatief vind 'n pretdag eerskomende Saterdag 18 Februarie by Eagles Beer Garden plaas, met 'n drafroete en pretdraf vir die kinders. Daar sal ook ’n mark wees, die sangduo The Ells sal die skare vermaak en daar sal later die dag ’n wynproe vir volwassenes wees. Daar is ook ’n gelukkige trekking met reusepryse op die spel, insluitend twee retoerkaartjies na Kaapstad, geborg deur FlyNamibia. Toegangkaartjies kos N$150 via Webtickets of N$200 by die hek.

Daar sal ook 'n kos- en klere-insameling op die dag wees om aan die San-gemeenskap te skenk. Die stigting het 'n GoFundMe-blad om fondse in te samel om die ietermagôspesie te bewaar.

Saterdag se program is op die Ietermagô-bewaring-en-navorsingstigting (Pangolin Conservation and Research Foundation) se Facebookblad beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!