Foto Marc Springer
Foto Marc Springer

Wêrelddag vir Wildlewe vandag in Namibië gevier

Namibië sluit vandag, op 3 Maart, by die res van die wêreld aan om Wêrelddag vir Wildlewe te vier.

Dié dag is in 2013 tydens die 68ste sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering, geproklameer en het ten doel om bewusmaking oor die wêreld se wilde diere en plante te skep.

Luidens ’n mediaverklaring deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het dié dag nou die belangrikste wêreldwye jaarlikse gebeurtenis geword wat aan wildlewe gewy is.

Vanjaar se tema is “Recovering key species for ecosystem restoration” en poog om die aandag te vestig op die bewaringstatus van sommige fauna en floraspesies wat krities bedreig word.

“Sedert onafhanklikheid het Namibië daarin geslaag om ons wildspesiebevolkings te laat groei, veral buite ons nasionale parke. Hierdie prestasie het direkte voordele vir die land meegebring, wat onder meer groei in die toerismebedryf, werkskepping en inkomste-generering vir landelike gemeenskappe insluit,” lui die mediaverklaring.

“Ons wild is ons erfenis, wat beteken dit is deel van ons daaglikse bestaan ​​en kultuur. Die afwesigheid van wild sal lei tot ‘n ontwrigting in ons kulturele norme, waardes en oortuigings. In ooreenstemming met ons grondwet en ander regsbepalings is Namibië se wildlewe ‘n natuurlike hulpbron wat op ‘n volhoubare wyse beskerm en benut moet word tot voordeel van die land se huidige en toekomstige geslagte.”

Volgens die ministerie is wildmisdaad – veral die stropery van waardevolle spesies soos renosters, olifante en ietermagôs – een van die land se grootste bewaringsuitdagings. Die ministerie het ’n beroep op Namibiërs gedoen om die regering te ondersteun in pogings om die huidige neigings van stropery te bekamp.

Aan die ander kant bedreig ontbossing en onvolhoubare grondgebruike ons reeds bedreigde plantspesies. “Ons doen dus verder ’n dringende beroep op Namibiërs om hulle daarvan te weerhou om onvolhoubare bedrywighede te onderneem wat die potensiaal het om ons omgewing te beskadig en ons ekosisteem te destabiliseer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!