Afrikalande moet wild as ’n nuttige hulpbron beskou. Foto argief
Afrikalande moet wild as ’n nuttige hulpbron beskou. Foto argief

Wildhulpbronne ‘geïgnoreer, onderbenut’

Unieke voordeel vir lande soos Namibië
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – Natuurlewe is ’n hulpbron – een wat nie genoeg aandag geniet, waardeer, of benut word nie.

Dit volgens ’n voorlegging van Sebastian Winkler, direkteur-generaal van die Internasionale Raad vir Wild- en Natuurlewebewaring (CIC), by die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) se algemene jaarvergadering. Napha is ’n lid van die CIC.

Dr. Clemens von Doderer van die Hans Seidel-stigting het Winkler se voorlegging namens hom gedoen.

Hy het verduidelik dat dit ’n unieke voordeel vir lande soos Namibië is om toegang tot hierdie wildhulpbronne te hê, aangesien dit nie vir sekere lande beskikbaar is nie.

Hy het gesê Afrika het toegang tot ongeëwenaarde natuurlike rykdom, wat steeds goed bewaar bly, maar steeds grootliks onderbenut word.

“Ons is gedruk om te glo ons rol in die wêreld is om die natuur in ons lande te bewaar en dit net wanneer en hoe die res van die wêreld dit toelaat, te benut. Ek het nog nie ’n Afrikaleier gehoor wat vir ’n ander leier van ’n nie-Afrikaland sê om nie hul wild of ander natuurlike hulpbronne te gebruik nie,” het Winkler gesê.

Hy het gesê wildgebaseerde ekonomiese bedrywighede wat wissel van toerisme en volhoubare gebruik was in al sy vorme vir baie jare ’n belangrike deel van ’n aantal Afrikalande se ekonomieë, maar het nie daarin geslaag om die verdiende hoë vlak van aandag te trek nie.

“Ons moet erken dat die wildekonomie-sektor uiters onwaardeer, misverstaan, onderbenut en geïgnoreer word.”

Hy het egter gesê terwyl sommige Afrikalande nog worstel om die sektor te benut met die respek en begrip wat dit verdien, het ander lande noemenswaardige vordering gemaak om te kapitaliseer op die potensiaal wat dit bied.

“Maar selfs hulle het wel foute, wat, as dit nie met opregte en gesamentlike pogings deur alle belanghebbers in die sektor benader word nie, die groot winste wat gemaak kan word in gevaar stel.”

Volgens Winkler moet Afrikalande natuurlewe sien as ’n hulpbron wat nie veel van ander hulpbronne verskil nie – wat tot voordeel van die land se eie mense gebruik en gekoester kan word en vir bewaringspogings ingespan kan word.

Hy het gesê daar is ’n duidelike verdeeldheid op die vasteland oor hierdie siening.

Gevolglik glo hy daar moet ’n duidelike begrip wees van wat die sektor beteken en sy volle potensiaal onder besluitnemers van die land.

Winkler het bygevoeg markte vir wildprodukte kan nie onderskat word nie.

“Hierdie markte moet toeganklik wees vir almal en nie net die hooggeplaastes nie. Daar is ’n paar lande op die vasteland waar die sektor vir slegs ’n paar gereserveer is. Dit is ’n gevaar en moet uit die weggeruim word.”

Hy het verder gesê die invloed van eksterne partye op die besluite van ’n soewereine land om die vrye gebruik van natuurlewehulpbronne onvolhoubaar te beheer, is ’n patetiese toedrag van sake en ’n baie werklike en huidige gevaar.

Winkler het bygevoeg die wildekonomie-sektor moet ’n nasionale bedryf soos enige ander sektor wees, en bygevoeg dat wildbewaring ’n betroubare finansiële basis benodig wat selfonderhoudend is en nie van ’n enkele bron afhanklik is nie, iets wat duidelik gemaak is tydens die Covid-19-krisis.

Mnr. Axel Cramer, president van Napha, het gesê hulle het geen beheer oor eksterne globale probleme wat na die jagbedryf se kant toe kom nie, en dat dit slegs hul beperkte hulpbronne verder uitput.

“Napha se lede is optimisties dat die organisasie daarin kan slaag om ons potensiaal te kweek en dit bruikbaar te maak vir ons toekoms en vir ons oorlewing- en veerkragheidstrategieë.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.27 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 620.18/OZ UP +1.27% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 882.80/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.85/BBP DOWN -0.0004 | Platinum US$ 976.42/OZ DOWN -0.0064 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.27 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 620.18/OZ UP +1.27% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 882.80/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.85/BBP DOWN -0.0004 | Platinum US$ 976.42/OZ DOWN -0.0064