Witrenosters op pad Texas toe
'n Renosterboer van die Outjo-distrik voer 42 witrenosters vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe na die Amerikaanse deelstaat Texas vir teeldoeleindes uit. Dit is gister deur die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, bevestig. Hy het gesê het hulle is bewus van die privaat transaksie en geen geld sal na die regering gaan nie. Die renosterboer van 'n bekende renosterbewaringsprojek het reeds in Januarie vir die uitvoerpermitte aansoek gedoen. Foto argief
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie